Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Dit is 'n vinnige wegbreek nie te ver nie en ook nie te naby van bestemmings nie. Pragtige landskap en asemrowend. 'n Wegbreek voorwaar die moeite werd met soveel kunstenaars en galerye om te besigtig. Voortreflike restaurante om by aan te gaan sit en heerlike anderse disse om uit te probeer."
"Baie klein dorpie met min om te doen as hy baie verwag. Maar dis lekker stil en rustig en net wat mens soms nodig het om te ontspan."
"Pellissier is nie so ver van sentrale Bloem af nie. Wegneem-etes is maklik afgelewer en daar is genoeg winkels naby aan Cherrystone geleë."
"'n Stukkie van die Vrystaat wat jou laat verlang sodra jy by die dorp uit ry. Dis seker een van die mooiste dorpies ooit! Kan maklik jou hart daar verloor."
"Mooi omgewing met al die sandsteen geboue. Bly daar oor en besoek Clarens. Goedkoper en rustig."
"Die winkeleienaars moet regtig plan maak om goedjies te verkoop met Parys op soos byvoorbeeld sleutelhouers vir aandenkings."
"Fork and Pot served up a superb meal, want to go and try the Fond Au next time, very friendly host."
"Stil dorpie, goed vir geskiedenis-liefhebbers. Word netjies gehou. Kuierplekke gewild onder die inwoners en reisigers. Sluit in by jou reisplan."
"Gastehuise in Universitas is besonder goed geleë vir mense wat by UKOVS betrokke moet wees. Ten tyde van my verblyf was die Vrystaatse Kunstefees aan die gang en kon ek gou en gemaklik op die kampus kom en opvoerings bywoon. Universitas is ook minute weg van meeste ander punte van belang in Bloemfontein."
"Genoeg koffie winkels en antieke rondsnuffel-winkeltjies wat maak dat die tyd baie vinnig verbygaan. Die Vaalrivier bly 'n absolute bonus en die feit dat dit maklik toeganklik is vir elkeen maak dit 'n moet-sien ervaring. "
"59 Plenty is 'n heerlike restaurantjie in die omgewing vir ontbyt en lieflike koffie deur die dag!"
"Dit is 'n mooi area, baie sentraal geleë vir familiekuiers en vir mense van Gauteng en KZN. "
"Dis maar 'n gewone voorstad wat wel rustig en veilig voorkom. Dit is ook sentraal geleë."
"Die dorp is 'n baie aangename toerisme aantrekkingskrag, veral met die nutswinkeltjies wat so 'n verskeidenheid van antieke ware bied. 'n Juweel in die Vrystaat, maar dit is ook baie duidelik dat munisipale verval hier teenwoordig is. Paaie in die woonbuurte is maar vol slaggate. Die toevoeging van die nuwe "container city" lyk na 'n aanwins vir die omgewing, afhangende van die tipe besetting wat toegelaat gaan word."
"Wonderlike klein dorpie! Bespreek net vroegtydig by restaurante. Omtrent almal was vol bespreek."
"Heerlike ondervinding en dit is opvallend hoe vriendelik en hulpvaardig almal by toeriste / restaurante en winkels is. "