Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Parys is 'n baie vriendelike dorpie en veel om na te kyk, baie om te doen naby die omgewing."
"Die Nasionale Botaniesetuin is pragtig. Die feit dat die restaurant by die Botaniesetuin gesluit is "weens omstandighede" is hartseer. Bloemfontein het baie potensiaal as 'n aantreklike toeristebestemming."
"Although we had visited Clarens before, it was the first time we spent more than a weekend there. We thought we might get bored after a few days but instead we discovered an amazing network of nature walks, and beautiful streams and had great fun cycling, quad biking, and trying out all the delicious treats on offer at the various restaurants and eateries. We enjoyed our stay very much and would easily go back for another extended stay."
"In die middel van nêrens. Redelike ver afstand met grondpad te ry, maar dit is dalk eerder 'n pluspunt."
"Gawe en vriendelike mense, absoluut mal oor die dorpie. Dit voel of mens in 'n ander land is. En die pad van Vanderbijlpark af is baie mooi en het lekker gery."
"Jy kan of stap of 'n perdekartoer om en deur die dorp vat terwyl jy met interessante geskiedenisinligting gevoer word. Die dorpie is pragtig skoon."
"Daar is baie om te doen. Net baie rywerk, maar sal altyd Bloemfontein toe gaan."
"Pragtige dorp met ryke geskiedenis wat ongelukkig gaan doodloop weens die uiterse swak pad wat sleg onderhou is en vol gevaarlike slaggate is. Dit verhoed toerisme en daarsonder sal die dorp ongelukkig kwyn."
"Fouriesburg is 'n lekker stil dorpie, ek sal enige tyd daar kan gaan aftree, lieflike berge om Fouriesburg. Ons is darem nog 'n paar jaar van aftree af."
"Swak plek om te kuier in die week. Loadshedding laat alles toemaak. Lyk of dit net ingestel is vir naweke."
"Bloemfontein is nie meer Bloemfontein nie, maar as jy oorslaap is hierdie die plek om te slaap. Skoon en netjies en veilig."