Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Dis jammer dat die museum gesluit was tydens ons tyd daar. Ons sou graag daar 'n draai wou gaan maak. "
"Parys is 'n tipiese Vrystaatdorpie met aanleg. Die rivier en alles wat jy daar kan doen is baie opwindend. Breëstraat is natuurlik die grootste trekpleister vir my gewees."
"Clarens is 'n goeie sentrale punt om baie van die Oos-Vrystaat te sien. Dit is regtig 'n baie mooi omgewing en natuurskoon. Die mense is vriendelik alhoewel ek dink dat Clarens baie meer potesiaal het as wat die sakegemeenskap daarvan maak. Ons geniet dit om Clarens te besoek."
"Ons het Clarens in Desember 2016 besoek en die omgewing was lieflik groen en beeldskoon. Dis 'n absolute moet vir natuurliefhebbers. Die dorpie bied ongelukkig nie 'n groot verskeidenheid winkels wat kruideniersware verkoop nie, so bring maar saam wat jy nodig het (veral oor die piek Desember tydperk). 'n Besoek aan die Golden Gate Nasionale Park is natuurlik ook 'n moet as 'n mens 'n paar dae in Clarens is. "
"Dit was so vreemd dat baie van die restaurante toe was en dit was hoog seisoen (eerste week in Januarie). Behalwe daarvoor is daar regtig oulike winkeltjies om jou dag om te shop as die man gaan pap gooi."
"Dit is gerieflik naby koopsentrums, die Universiteit asook toegang tot die N1 snelweg."
"Philipolis is een van daardie mooi klein dorpies wat meeste mense mis ry. Beslis die moeite werd om ten minste een keer daar verby te gaan as jy nog nie daar was nie."
"Eerste keer wat ons daar was maar sal beslis weer inloer as die geleentheid hom voordoen."
"Clarens is 'n pragtige plekkie, was heerlik om al die winkeltjies en eetplekke te besoek en net die skoonheid te bewonder. Die diens in meeste van die restaurante is iets wat kan verbeter, maar andersins was dit baie aangenaam. Sal vir seker weer gaan vir 'n wegbreek tydjie."
"Ek was baie teleurgesteld dat Mimosa Tuine se swembad ens. toegemaak het. Ek het oral in die dorp rondgevra maar niemand het geweet waar ek die kinders kon vat nie. Behalwe dat ek nie 'n swembad kon kry nie, is Parys 'n baie rustige, skoon en veilige dorpie. Perfek om weg te breek van die stad se gejaag!"
"Baie veilige dorp met baie interessante klein plekkies en winkels binne loopafstand."
"Clarens is vir ons 'n pragtige skilderagtig dorpie en dit vreeslik geniet en ons beplan om die toekoms weer 'n draai te gaan maak. Het die winkels en restaurante baie geniet en hope foto's geneem. Dit is baie skoon en vriendelike dorp."
"Clarens was nie hoofrede vir besoek nie, ons is natuurmense en kon nie plek kry by Golden Gate nie so het bedags soontoe gery."
"Iets vir almal en alle ouderdomme - van 6 tot 60! Van kuns en kultuur tot stap en 'white water rafting' wat ek op die flukse ouderdom van 50+ vir die eerste keer aangedurf het (gevolg na 'n dag in die spa uit die aard van die saak)."
"Pragtige rustige plattelandse dorp waar daar nog mense is wat die strate skoonvee en groet al ken hulle jou nie. "
"Parys is 'n pragtige plek. Dit was natuurlik 'n bietjie besig oor die Kersseisoen, maar sal beslis weer daar gaan kuier."
"Alles en nog meer om te doen. Vir enige persoon is daar iets om te doen. Gaan beslis weer kom."
"Clarens is vir ons 'n plek om stil te word en weer jou siel en menswees te vind. Die laaste 5 jaar is daar baie ontwikkeling en genoeg om te doen vir alle ouderdomme."
"Dit is n klein dorpie met nie te veel om te doen nie, maar ek sal dit aanbeveel vir 'n oorslaap. Dit bied 'n lekker koffiewinkel (Oppie Plaas) net langs die petrolstasie en die Motel se kos was ook baie aangenaam."