Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Nie regtig tyd gehad om baie te verken nie, maar die geskiedenisboeke is vol inligting."
"Enige iets is beskikbaar in die dorpie insluitend heerlike restaurante. Baie bedrywighede ook beskikbaar vir ons mans wat nie aldag in die winkels wil rondloop nie, soos gholf speel, vlieghengel en ook "River Rafting". Besigtighede soos Golden Gate wat baie naby aan Clarens is, is iets besonders en ook staproetes vir kranige bergklimmers."
"Die eetplekke (sommige) is baie meer bekostigbaar as wat ek verwag het. Daar is soveel mooi plekke dat mens sommer net kan stap oral heen. Die atmosfeer is feestelik en ontspanne ter gelyke tyd! Ons sal verseker weer gaan!"
"Fichardtpark is goed geleë, naby 'n groot sentrum en nie te ver van die N1 af nie."
"Westdene het verander van 'n woongebied na besighede en gastehuise en dis baie lekker geleë."
"Dis 'n stil, netjiese buurt. Naby genoeg aan alles wat 'n mens na-ure sal wil doen (restaurante, byvoorbeeld), sowel as oornag. "
"Ek dink pryse is bietjie buitensporig. Verder is dit geleë in 'n wonderlike natuurskone deel van Suid-Afrika. Asemberowende mooi natuurtonele. "
"Parys is 'n droombestemming vir enigiemand wat uit Gauteng se besigheid wil ontsnap. Daar is so baie om te doen dat 'n naweek net nie genoeg is nie. Die besighede is volop en bied 'n groot verskeidenheid. Die dorpie is ook bekostigbaar en die mense baie vriendelik."
"Dit was ons eerste ervaring van Clarens en wow! Die mense is so behulpsaam en vriendelik. Die plekkie het so diep in my hart geklim, en ek het baie herinneringe wat ek weer saamgebring het terug huistoe."
"Lovely little town! We didn't feel there was much to do in town but if you intend to stay in and read then this is the perfect place. "
"Beslis die moeite werd - daar is baie om te doen, en die eetplekke en winkeltjies was goed. Ons sal verseker weer Clarens besoek. Dis rustig, lekker atmosfeer en 'n goeie breek om uit die stad uit te kom."
"Baie meer verwag. Buitensporig duur en diens in al die toeristewinkeltjies nie altyd goed nie. Matteplek baie goed en uitstekende waarde vir geld. "
"Om Parys te besoek is altyd 'n aangename ervaring met restaurante met goeie kos en die diens is altyd vriendelik. "