Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Mooi ou dorpie. Jammer hulle word so afgeskeep. Ons was regtig bly dat ons van die besige N1 afgedraai het. Die pad was baie stil. Hier en daar 'n pothole, maar heel gangbaar en die moeite werd. Ek hoop regtig die plekkie kry meer aandag. Sal beslis weer afdraai. Dit was lekker om daar oor te bly."
"Baie potensiaal, maar daar moet 'n gekonsentreerde poging kom. Ons kom daar as die vakansie net verby is. Van al die belewenisse is net een museum, 'n restaurant en 'n antiekwinkel oop. Die eienaars dink die groot druk en harde werk is verby en nou moet hulle rus. Phillippolis is nie eers 'n toerismebestemming nie, net oornag vir all die reisigers. Kan verander."
"Deneysville is 'n rustige dorpie, reg langs die Vaaldam en ook baie naby die damwal. Daar is verskeie restaurante en kroegfasiliteite, asook blyplekke. Verder is daar karavaanparke, vir diegene wat eerder verkies om te kampeer. Of mens nou net die mooi natuur en rustige omgewing wil geniet, soos ons, of wil baljaar by of op die Vaaldam se water, hier gaan dit gewis goed wees vir jou gemoed en gees."
"Lovely area for walking and viewing the mountains. All paths clearly marked and well laid out."
"Tsv die slaggate. En die algemene verval is die omgewing. Ons het die Oos-Vrystaat ervaar, lieflik. En die tipiese gebruik van sandsteen in die argitektuur is enig. Sou graag sien dat dit bewaar word."
"Clarens is 'n baie oulike dorpie, die rustigheid en views is to die for! Lekker eetplekkies."
"Restaurante sluit te vroeg in die middag/aand gedurende vakansieseisoen. Clarens as dorp kan doen met 'n netjiese kruidenierswinkel vir selfsorg-vakansiegangers. Die enigste 2 spaza shops waar mens kruideniersware moet aankoop in die dorp is vuil en deurmekaar - nie 'n lekker koopervaring."
"Die dorpie is welliswaar mooi en uniek, maar alles is baie duur. Die enkele supermark wat kruideniers verkoop is ook buitensporig duur."
"Everything is closed on New Year's Day and no shops for any type of purchase so come prepared. Rather just book into Hillside Lodge, then you will be sorted."
"Moet net nie na Fouriesburg se dorp toe gaan nie, baie teleurgesteld. Ry eerder Clarens toe."
"Dit bly lekker om Clarens te besoek! Altyd iets nuut. Probeer gerus die Platform vir 'n ander soort koffie!"
"Daar is die rivier, oulike restaurante, baie antieke meubelplekke, ens., maar mens sien ook maar die verval soos in enige ander van ons kleiner dorpies."
"Clarens is 'n pragtige dorp in die Oos-Vrystaat met 'n groot verskeidenheid eetplekke en snuisterywinkels. Verskeie besienswaardighede kan tydens dagritte vanaf Clarens besoek word."
"The streets are terrible, hope they will attend to it. The eateries are excellent, we have been to at least 6 different ones and everyone was good, even if you have to wait a while, the food is always good. The shops are very expensive and we did not buy anything as souvenirs. The trials are wonderful and that is the reason we go back again and again."
"Fouriesburg die dorp, as sulks, het baie agteruitgegaan. Golden Gate maak egter op daarvoor. Black Woods Farm is pragtig, asook die Clarens-omgewing."