Verified Reviews
Gansbaai
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Gansbaai
Rated 4.5 out of 5 based on 1244 reviews.
"Baie oulike plek! As ou kampeerders op Gansbaai, is Kleinbaai en omgewing reeds baie goed aan ons bekend!"
"Eerste keer wat ons daar kom en ons was baie verbaas. Dit is stil en rustig, baie lekker om te gaan stap op die paadjies langs die see en tog is jy binne enkele minute by winkels om jou kosvoorraad aan te vul. Die omgewing is pragtig. Stukkie hemel op aarde."
"Baie lekker daar gebly en omliggende plekke verken. Was baie beïndruk met Hermanus, Franskraal en Kleinbaai."
"Ons het baie lekker geëet by Rosemary & Thyme. Kan dit beslis aanbeveel. Coffee on the Rocks het heerlike koffie gehad en baie mooi uitsigte saam met ons ontbyt."
"Dis 'n rustige plek met vriendelike mense. Daar is wandelpaaitjies al langs die see in Franskraal en orals bankies om op te sit. Skoon en netjiese dorp."
"Kleinbaai is 'n skilderagtige plekkie naby genoeg aan Gansbaai vir inkopies en aan ander mooi plekke. Ons het dit veral geniet om die bote en toeriste op die haaikykbote te besigtig. "
"Dit is al die vriendelike en hulpvaardige mense wat vir Gansbaai lekker maak."
"Ek het buite spitsseisoen gereis en dit was heerlik stil en kalmerend in Kleinbaai."
"Gansbaai is oulik maar daar is nie veel te doen nie - gelukkig naby plekke soos Hermanus en Kleinbaai - sal moeilik wees om klein kinders besig te hou omdat daar nie regtig 'n strand is nie - vir meer volwasse toeriste is dit egter 'n baie lekker plek om te gaan ontspan en ons sal beslis weer gaan."
"Ek is mal oor see en visvang. Lekker rustige dorpie maar daar is genoeg van alles sonder om ver te ry. Die mense is ook baie vriendelik."
"Die restaurant wat volpunte verdien is Die Buitesteen, dit was tot dusver die restaurant met die heerlikste seekos platters. Hul ribs was die beste. "
"Baie lekker as jy stilte en rus nodig het! Waarskynlik nie die ideale plek vir tieners wat aksie soek nie."
"Die diens by on the rock is die beste, voel altyd welkom. Sal altyd daar oorbly as ek in daardie omgewing is. "
"Next time we come in September or October when the whales swim in front of the room."
"Dis 'n baie mooi dorpie met 'n fantastiese atmosfeer. Besoek gerus Tolbos vir aandete. 'n Wonderlike restaurant in die middel van Gansbaai."