Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 15868 reviews.
Great Brak River, Garden Route
A Bit of Home"Veilige strand vir kinders. Mooi staproetes! Winkelkompleks wat alles voorsien wat jy nodig het. Stiller vakansie-omgewing om goed uit te rus. Sal Groot-Brakrivier aanbeveel."
"Daar is soveel besienswaardighede dat jy dit kwalik tydens een besoek kan waardeer."
"Oudtshoorn is 'n wonderlike dorp wat iets vir elke smaak offer. Museums, kunsateljees, genoeg lekker eet- en kuierplekke, buitelugaktiwiteite, so so baie. Mooi skoon dorp met vriendelike mense!"
"Ek waardeer dit dat die ou Portugese boustyl van baie van die geboue in die sakekern van Mosselbaai nog behoue gebly het synde dit 'n unieke storie vertel oor ons Suid-Afrikaanse geskiedenis. Mosselbaai is soos die sprokiesverhaalkaraktertjie, Aspoestertjie - bedags asvaal, maar snags verrassend, blink en pragtig soos 'n towerglasskoen. Ek dink egter die aanwysings op borde langs die strate verdien aandag. Dit kan verwarring skep vir toeriste wat nie dikwels in Mosselbaai kom nie. Voorts behoort die stadsmoeders en -vaders van 'n sekere ouderdomsgroep asb. te besef dat Mosselbaai se grootste inkomste nie uit vissery kom nie, maar uit toerisme en vakansiegangers. Moet dus nie treurkoeklik wees deur die naglewe in Mosselbaai dood te druk deur klubs en kuierplekke en ook die Buffalo Rally se saamtrek te onderdruk nie. Mosselbaai se naglewe gekombineer met die ou Portugese boustyl spel een ding: avontuur. Laat dit wees wat dit is en trek voordeel uit die inkomste uit toerisme wat dit vir die dorp inbring. Voorts is Mosselbaai die een dorp waar mens nog saans laat selfs op jou eie 'n entjie kan gaan stap om klein verrassende juweeltjies van interessante kuierplekkies en winkeltjies te kan ontdek. Niks gebeur daar met jou nie. Hou dit so."
Great Brak River, Garden Route
Ocean View"Weg van George en Mosselbaai se gewoel, maar naby genoeg vir noodgeval en sentraal vir uitstappies."
"Mosselbaai het baie uitgebrei vandat ons 3 jaar gelede daar gekuier het, maar nogsteeds 'n lekker plek om vakansie te hou."
"Pragtige vakansieplek met 'n groot verskydenheid van aktiwiteite om jouself mee besig te hou."
"Groter en besiger as wat ek gedink het. Dis 'n mooi skoon stad en die paaie is baie goed en het geen slaggate nie."
"Die Tuinroete is 'n baie mooi omgewing met verskillende verblyfopsies om van te kies."
"Ons hou elke jaar vakansie in Hartenbos. Geniet dit vreeslik baie met die kinders, omdat alles bymekaar en veilig is."