Verified Reviews
Gariep Dam
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Gariep Dam
Rated 4.3 out of 5 based on 1317 reviews.
"Doen jouself die guns en spandeer tyd hier. Die damwal is iets besonders en die dam wal toer is 'n moet."
"Ons het nou al by verskeie Gariep bestemmings geboek en oornag. In die algemeen was meeste van hulle 'n teleurstelling met die uitsondering van Forever Resort Gariep. Hierdie oord is altyd skoon, veilig en is dit 'n plesier om hier te oornag. Gariep as 'n vakanieverblyf? Nie maklik nie. Gariep as oorslaap? Forever Resort."
"Statisiekgewys is HFV Verwoerd-dam 'n baie impossante besienswaardigheid. Baie netjiese, skoon omgewing. In vergelyking met bv. Hartbeespoortdam is hierdie 'n 5 ster besienswaardige toeriste aantreklikheid."
"Pragtige skoon en ons in beïndruk met die natuurskoon. Diens by die restaurant by die garage was baie goed en goeie geselskap. Ons is werklik beïndruk met die plek en dankbaar vir die onlangse reën wat sonsondergang pragtig op die damwater laat blink. "
"Pragtige dam. Lekker restaurante en baie geskiedenis in die Norvalspont dorpie en area. Jammer dit is so droog daar, want die dam is nogal leeg. Bootritte op die dam ook baie lekker uit 'n vorige ondervinding."
"Die oord het bietjie agteruit gegaan sedert ons laas daar was, maar nie so drasties soos die dorpie self nie. Ons sou graag wou sien dat die boonste dorpswembad weer is soos jare terug. Dis baie hartseer om 'n dorp waar soveel kinderherinneringe opgebou is net so verniel kan word."
"We always stay at Gariep Forever Resort in the camping site en route to Cape Town - which is often. This time around we did not travel with our camper and had to book alternative accommodation. On our return from Cape Town we stayed in one of the chalets at the resort, and for the price they charged, we stayed in luxury. A little bit more than the normal rate of Gariep Gardens."
"Ons gasvrou het vir ons 'n bespreking vir 'n bootvaart op die dam gemaak, op versoek. Dit was nogal 'n belewenis en 'n mens besef eers hoe groot hierdie dam werklik is wanneer die kaptein jou die geskiedenis oor die dam leer."
"Die Gariepdam is pragtig, saam met goeie akkommodasie sal dit 'n fees wees om daar vir 'n dag of twee te bly."