Verified Reviews
Gariep Dam
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Gariep Dam
Rated 4.3 out of 5 based on 1317 reviews.
"Ons oornag al die afgelope paar jaar by verskillende plekke en geniet dit om daar oor te bly a.g.v die ligging en rustigheid van die omgewing. Dit is ideaal vir 'n halfwegstasie om bietjie te ontspan. Ons kan die restaurante regtig aanbeveel - die kos is tops. "
"Baie goeie en sentrale oornagpunt, maar as jy mal is oor hengel is dit 'n goeie vakansieplek."
"Baie warm oor Desember, meer geleentheid vir swem in die area behoort oorweeg te word. Die plaaslike Aventura-oord het nie dagbesoekers geneem nie en daar was bitter min geleentheid om in die omgewing af te koel."
"We were surprised by how big the dam is and the extent of the dam wall. Definitely a tourist destination and a "must see"."
"Uitstekende omgewing! Baie netjies en mooi. Die sterrekyk was 'n onvergeetlike ervaring."
"Die Gariepdam is 'n pragtige plek! Ons positiiewe ervaring van die dam was egter baie erg ontwrig deur die frustrerende swak diens. "
"Ek dink dit sal 'n ander ondervinding wees wanneer dit nie so droog en die dam so leeg is nie. Tog is die omgewing baie mooi en het ons op twee geleenthede die bedreigde kraanvoël gesien en een broeipaar het n baba by hulle gehad. Dit was baie spesiaal om hulle te sien. Ons het ook gaan kyk na die gedenkplek waar 'n klomp van die kinders wat in konsentrasiekampe by Norvalspont was, dood is en begrawe is. Dit is net 'n jammerte die plek is so verwaarloos, maar baie interessant."
"Al die paaie is nie so goed nie – veral as 'n mens grondpaadjies tot by jou bestemming moet ry."
"Al is die dam baie leeg, was dit 'n aangename verassing om hier te bly, al was dit net vir 1 nag op pad Kaap toe. Volgende keer kom bly ons hier vir 'n paar dae!"