Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 5186 reviews.
"Baie goeie en veilige area met 'n Gholfbaan en winkelsentrums in die nabye omgewing."
"Geweldig! Ek het in Hotel Booysen toe gaan slaap, pragtige beddegoed, nette kamer, alles wat één mens wens ook."
"Culls an was so much closer to home than we realized. Perfect for a quick getaway!"
"Dit is goed geleë en bied verskeie winkelsentrums, aktiwiteite en teaters, ens. aan."
"Baie rustige omgewing met al die nodige winkels, restaurante ens. in 'n maklik bekombare afstand."
"Baie lekker dorp om te gaan ontspan. Lekker eetplekke en klomp goed om mens mee besig te hou. Dis verseker 'n moet om te gaan besoek."
"Pragtige omgewing, baie veilig en bietjie uit die stad om dit bietjie rustiger te maak. "
"Een van di mooiste plekke. Kamer is pragtig. Diens is uitstekend! Sal definitief aanbeveel!"
"Gaan besoek gerus Mystic Monkeys and Feathered Creatures Zoo. Dit is 'n wonderlike, skoon en netjiese privaat dieretuin met omtrent alle moontlike ape, voëls en wilde katte daar te sien."
"Muckleneuk is sentraal geleë met 'n Spar net oor die bult en die Brooklyn-inkopiesentrum net 'n paar km weg."
"Sal nie noodwending daar vakansie gaan hou nie. Het nie juis tyd spandeer om te kyk wat nog in die omgewing aangaan nie aangesien tyd nie aan ons kant was nie."
"Ek het die "self drive route" baie geniet. Die paaie is pragtig en al die piekniekplekke is baie mooi toegerus en die badkamers is skoon en netjies. Die man wat die hek beman by die self drive ingang, is uiters behulpsaam en vriendelik. Dit is duidelik dat hy 'n passie vir die natuur het - ek sou maklik nog ure met hom kon gesels. Die bestuur van Dinokeng is besig om addisionele paaie in die self drive uit te lê - ek sal beslis weer soontoe gaan om die nuwe areas te besigtig. Dinokeng is 'n juweel - ek sien uit na my volgende besoek!"
"Die gastehuis was geleë in 'n baie mooi omgewing. Miskien te verwyderd van die middestad vir sommige persone wat reis vir saketransaksies, maar ek het dit verkies dat ek saans stilte en rustigheid kon ervaar en kon slaap in 'n omgewing sonder hoorbare stadsgeraas."
"Vir ons was dit goed geleë en as plattelanders was daar nie te veel geraas van die padverkeer nie."
"Moreletapark is veilig en naby 'n paar groot winkelsentrums geleë. Dis maklik bereikbaar en die omgewing is mooi. "