Verified Reviews
George
All reviews have been left by TravelGround customers staying in George
Rated 4.7 out of 5 based on 1706 reviews.
"Ons het baie van Heather Park gehou. Dit was vir ons sentraal om na enige punt in George te ry. Ook naby die lughawe en om Groot Brak Rivier en omgewing te besoek."
"Pragtige plek met die mooiste strand en planteryk. Sal enige tyd weer daar gaan kuier."
"Wonderlike plek, maar pak vir 4 seisoene. Naby die mooiste strande en baie om te doen."
"George is 'n pragtige dorp met so baie om te doen en te sien. Dit is ook nabygeleë aan die see bv. Groot Brakrivier, Hartenbos en Mosselbaai. Asook Knysna, Wildernis en Plettenbergbaai. Dit is eintlik perfek geleë as mens teen die Suidkus wil toer. En die feit dat daar ook 'n lughawe is, maak dat afstand nie 'n probleem is nie. "
"Kom voor as 'n baie stil en netjiese area, naby aan die nodige winkels en restaurante."
"Fantastiese vakansiedorpie. So baie besienswaardighede en wonderlike plekke om lekker te kuier. Ek sal definitief weer George, in die nabye toekoms besoek. Dit was die moeite werd!"
"Mooiste strand met nog klein seediertjies verkrygbaar op die rotse. Die kinders sal dit baie geniet. Sentraal geleë."
"Fantastiese plek vir wegbreek vanaf die daaglikse gewoel van verkeersvloei."