Verified Reviews
George
All reviews have been left by TravelGround customers staying in George
Rated 4.7 out of 5 based on 1706 reviews.
"'n Pragtige, skoon dorp vol onverwagse verrassings en in 'n pragtige omgewing."
"Dit is 'n besige dorp, maar alles wat mens nodig het is daar. Ek sal beslis weer naby George vakansie hou."
"Die mense was vriendelik en baie hulpvaardig. Kon heerlik geselsies aanknoop en het my as deel van die gemeenskap laat voel. Ek het nog nooit in George/Blanko oornag nie, maar hierdie plek sien my beslis spoedig weer!"
"George is pragtig met heerlike weer in Desember. Ons het 10 lekker sonskyn, windstil dae en net een reënerige dag gehad."
"George die dorp self is baie mooi en die Mall het baie winkels om jou bevredigende inkopies te laat doen."
"George is sentraal in die Tuinroete geleë, wat dit lekker maak om rond te toer. Aan die een kant is Grootbrak, Kleinbrak, Hartenbos, Mosselbaai en Stilbaai, aan die ander kant is Victoriabaai, Heroldsbaai, Wildernis, Sedgefield, Knysna en Plettenbergbaai. George bied ook uitstekende restaurante wat 'n groot verskeidenheid insluit."
"Meer parkering vir strandgangers. Die drop kan ‘n vergunning maak dat motors op sypaadjies mag parkeer In die vakansie tyd. Om R500 boete te kry en dit is die mense wat vir die besighede geld inbring die tyd van die jaar is belaglik! "
"Die area is baie veilige omgewing en naby winkels geleë, asook restaurante en winkelsentrums."
"Victoriabaai is nie 'n lekker strand as mens opsoek is na meer opwindende atmosfeer nie. Dis 'n klein rustige strand. Is darem naby aan ander pret dinge soos die Mall, RedBerry Farm en Herold wynproe. "