Verified Reviews
Gordon's Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Gordon's Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 423 reviews.
"Ons was nogal baie in ons noppies met julle netheid van strate asook die hele omgewing. Limpopo Provinsie kan by julle kom kers opsteek. 10/10 vir julle."
"Die openbare geriewe is silwerskoon - alle eer aan die klein dametjie by die openbare toilette agter die Spur. Die mense van die dorpie is sommer my dam se ganse, en groete aan Koos, die liewe hond by die geskenkwinkel! Ek sal sommer baie graag permanent daar wil gaan nesskrop!"
"Eerste besoek aan Gordonsbaai, was fantasties. Baie mooi en ongelooflike sunsets!"
"Wonderlike verblyf en mense. Sal dit enige tyd aanbeveel. Gordonsbaai is die ideale vakansiebestemming. "
"Ons het die kort tydjie in Gordons Baai baie geniet. Baie vriendelike en gemaklike mense."
"Vir ons was dit fantasties veilig en natuurlik, die boekwinkel, is waarvan almal praat. Enige tyd weer soontoe gaan."
"Pragtig daar teen die berg. Die ligging het baie om te bied. Ons het lekker by Zest geëet die aand."
"Oor die algemeen 'n aangename plek om in te vertoef. Sportfasiliteite is naby en so ook apteke en winkels waar kruideniersware gekoop kan word sonder om tot in die Strand te ry. Die strandgebied is oor die algemeen skoon en daar is motorwagte op diens. "
"A good area if one wants to keep away from the too busy and crowded V&A Waterfront and the roads/traffic in Cape Town."
"Die wind waai net verskriklik daar. En hulle kan gerus bietjie aandag gee met die skoonmaak van die strande."
"Gordonsbaai is pragtig, rustig en baie veilig. 'n Wye verskeidenheid nabygeleë strande en winkelsentrums maak die omgewing sommer 'n treffer."
"Die Strand en Gordonsbaai is wonderlike plekke. Ek woon in Jeffreysbaai en wanneer ons na die Wes-Kaap gaan, wil ons lekker bly en daarom bespreek ons waar dit mooi is. "
"Ek maak altyd seker dat ek by die tweedehandse boekwinkel in Gordonsbaai uitkom wanneer ek in die Kaap is. Geniet die area verskriklik baie!"