Verified Reviews
Gouritz
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Gouritz
Rated 4.4 out of 5 based on 178 reviews.
"Dis veilig. Lekker wandelpaadjies na die riviermond. Kos by koffiewinkels en eetplekke is fantasties. Gouritz het die vriendelikste mense."
"Gouritz is 'n rustige dorpie met nie veel om te doen nie. Gaan kuier hier as jy lekker tyd met familie wil spandeer. Hengelaars paradys, met boot in rivier of van rotse in see."
"Gouritz is perfek vir die reisiger of gesin wat bietjie wil wegbreek van die besige alledaagse lewe. As jy op soek is na winkels, skare mense en klubs, hou maar verby. As jy op soek is na 'n rustige atmosfeer en die geleentheid om te ontspan saam met jou gesin, familie of vriende in die buitelug, dan is Gouritz beslis vir jou."
"Gourits is vir die wat wil wegbreek van die stad gewoel en net rustig wees. Ideaal vir buitelewe-aktiwiteite."
"Pragtige dorp - sou net wou hê dat daar 'n kafee of winkel tot 8 uur in aand moet oop wees."
"Gouritsmond is 'n vissers- en aftreedorpie. Daar gaan nie veel aan nie, nie eers oor Desember nie - daar is 1 restaurant en 'n algemene handelaar, wees vir seker, as jy vakansie gaan hou op Gourtismond dat jy 'n groot gedeelte van jou vakansie gaan ry (as jy nie gaan om vis te vang nie)."
"Wonderlike rustige dorpie met lekker swem in die rivier. Strand is baie gevaarlik, maar die stap/draf wandelpaaie, lekker swem in rivier en rustigheid maak op daarvoor. "
"Lekker stil dorpie, met net die nodige om aan die lewe te bly is dit nog van die min dorpe wat oorgeneem word winkels en te veel gerief."
"Ons was stomgeslaan om kilometer op kilometer speldekussings (Leucospernum praecox) in blom te sien en ook die laaste rooi en wit vorms van die suikerkanne (Protea repens) - 'n vriendelike boer het ons selfs genooi om daarvan te sny so veel as ons kon inlaai. Die dorp is skoon en netjies en die mense vriendelik en behulpsaam. 'n Pragtige bestemming teen die see."
"Gourits is 'n baie lekker plek om vakansie te hou dis lekker stil. Die meeste van die goed wat 'n mense nodig het is beskikbaar in die dorp."
"I liked the uncommercialised feel about Gouritzmond and the natural unspoiled beauty of the place."