Verified Reviews
Graaff-Reinet
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Graaff-Reinet
Rated 4.5 out of 5 based on 1833 reviews.
"Ons jaag gewoonlik deur Graaff-Reinet op pad Kaap toe. Die keer het ons oorgeslaap en ek is verbaas oor alles wat mens in Graaff-Reinet kan doen. Besoek gerus ook die Vallei van Verlatenheid."
"Baie warm Desembermaande, maar alles die moeite werd, ons is gek oor die dorp en sy vriendelike mense."
"Camdeboo Nature reserve and Valley if desolation were stunning. Lovely architectural buildings and museums in the town to visit. "
"The town is dirty, they need a big cleaning up effort in order to attract more tourist. Way to much litter in and around the town, needs better waste management and recycling strategy. The town has so much potential if the basics are done properly."
"Graaff-Reinet is absoluut pragtig. Dit lyk asof hulle tans ‘n vreeslike waterprobleem het, in die sin dat die water sleg ruik en aaklig proe. Mens kry dit ook nie afgewas van jou vel nie, wat vir 'n aardige taai ervaring sorg. "
"Was mal oor die dorpie, sal definitief weer daar oorslaap. Mense is fantasties en so vriendelik. Het baie tuis gevoel."
"Die dorp het grotendeels verval. The White House behou egter die finesse waarvoor die dorp beroemd geword het. Maar daaromheen sal die gemeenskap moet begin opruim en op datum kom."
"Found the town charming, but the vagrants and empty liquor bottles at the WW1 and WW2 memorial were disgusting!"
"Ons was teleurgesteld toe ons nie kon plek kry vir 'n goeie oujaarsete by voorgestelde restaurante nie. Ons het wel die ete by die Spur geniet alhoewel hulle teen 21:00 toegemaak het. Ons het nie te min ons tydjie daar geniet. Ons was by die Vallei van Verlatenheid en dis baie mooi daar. Instandhouding is fantasties. Hou so aan."
"Histories is Graaff-Reinet een van die topbestemmings om te besoek. Ons het nie net oorgeslaap nie, maar 'n nag ekstra gebly sodat ons 'n paar museums ook kon besoek, wat definitief die moeite werd was."
"Graaff-Reinet het iets te bied vir elke persoon. Bo en behalwe die netheid van die dorp wat ek opgeval het, is die wyse waarop inwoners poog om ou geboue in stand te hou en so die geskiedenis en karakter van die dorp te koester en te bewaar. Die Moederkerk aan die bo-punt van die hoofstraat is asemrowend, maar mens mis iets van die karakter indien jy nie stilhou en die kerk van binne gaan besigtig nie. Dan is daar die Vallei van Verlatenheid - 'n moet sien vir elke natuur liefhebber. Ten minste een volle dag is nodig om Graaff-Reinet behoorlik te verken. "
"Die "Valley of Desolation" is net 'n kort ent uit die dorp en heeltemal die moeite werd vir 'n sonsondergang uitstappie."
"Gaan definitief op (teerpad) met die Vallei van Verlatenheid; bederf jouself vir 'n lieflike ontbyt by die bekende Drostdy Hotel, gaan besoek die museums, interessante winkeltjies en gaan maak 'n draai by McNaughton's Boekwinkel as jy Africana versamel en gaan neem die mooiste kerk in ons land af!"