Verified Reviews
Graaff-Reinet
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Graaff-Reinet
Rated 4.5 out of 5 based on 1833 reviews.
"Mooi skoon, jy kan sien die mense gee om vir hulle plekkies. Vriendelike polisie oral (akademie is op Graaff-Reinet), moet verseker die veiligste dorp in die land wees. 'n Dag in die Camdeboo Reservaat is die moeite werd."
"Het laat in Graaff-Reinet aangekom om enige besienswaardighede te kon besoek. Die gedeelte wat ons wel kon sien het beslis aangedui dat dit 'n pragtige dorp is."
"Maak gerus 'n draai by die Vallei van Verlatenheid. Pragtige stuk natuur en mooi versorg en bewaar deur Nasionale Parke. "
"Enige trotste Suid-Afrikaner behoort moeite te doen om ten minste een maal in sy lewe Graaff-Reinet te besoek. Dit is 'n pragtige, skoon dorp met 'n ryk geskiedenis met seker die mooiste kerk in Suid-Afrika. Dit is my derde besoek aan Graaff-Reinet en ek sal dit beslis weer besoek."
"In die omgewing baie te ervaar soos die historiese geboue en dan die Vallei van Verlatenheid. Beslis 'n plek vir meer as oornag."
"Pragtige kerk het opgeval en om Afrikaans oral om jou te hoor was ook lekker."
"Pragtige ou dorpie wat tot 2 eeue terugdateer. Hoewel oud, nie 'n spookdorpie nie, maar goed onderhou om die reisiger te akkommodeer. Baie besienswaardighede en rustige atmosfeer. Die gewone reisiger jaag net altyd deur op sy reis. Maar ek beveel aan om hier te stop en die omgewing te verken."
"Sal weer Graaff-Reinet wil besoek! Dit is 'n baie skoon dorp."
"Pragtige area, het die "Valley of Desolation" gaan sien. Moeite werd! Sal graag langer wil bly in Graaff-Reinet."
"Sekerlik een van die mooiste dorpies met sy goed instandgehoude Karoo-huise ... pragtig!"
"Ons was lanklaas hier en het die kort tydjie hier uitermate geniet - ons kom weer maar dan vir langer. "
"Het nie genoeg tyd gehad om na die Vallei van Verlatenheid te gaan nie, maar die historiese geboue in die dorp het my verbeelding aangegryp."