Verified Reviews
Graskop
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Graskop
Rated 4.4 out of 5 based on 815 reviews.
"The Graskop area itself seems like a very unsafe area with extremely bad roads. Only 1 Spar in the area. No known restaurants. And all the restaurants in the area are very pricey! "
"Graskop is 'n stil rustige dorpie. Maak seker van eet plekke in die area. Moenie vergeet van Flycatcher Castle nie, hulle maak heerlike kos en moet beslis in gedagte gehou word."
"Plekke wat aandete bedien is beperk. Sekere plekke sluit reeds 18:00 en 'n ander plek was toe weens 'n bespreking. Nog een plek sit die eienaar sonder 'n hemp buite die eetplek en siende dat ons buitelandse toeriste is was ons nie gemaklik met die opsies vir aandete nie. Gelukkig is daar 'n plek om kos te koop."
"Ons het spesifiek gegaan om die lift te ervaar, maar helaas elke keer as ons bel was die lift buite werking. Die tegnikus bly op pad, maar kon nie die lift aan die gang kry nie. Wat 'n jammerte."
"Die dorp Graskop is nie wat ek verwag het nie. Dis nie baie netjies en skoon nie."
"Net jammer die Graskop Lift was nie inwerking toe ons daar was nie. Die week voor dit was daar ook iemand wat ons ken daar, en toe het dit ook nie gewerk nie. Afgesien daarvan, is daar nog ander mooi plekke daar naby."
"Daar word by alle besienswaardige plekke soos die watervalle toegangsgeld gevra. Ek wonder net wat word met die geld gedoen? Die lift by die kloof het glad nie gewerk nie, wat 'n groot teleurstelling was. Dan word daar nog R95 pp gevra indien jy die trappe in die kloof af sou wou gebruik. Dit voel vir my dat vir ons plaaslike mense raak al hierdie aksies net te duur. Restaurante kan ook gerus meer bekostigbare geregte bedien. Ons hou van uiteet, maar dit raak net belaglik duur en ek dink omdat daar baie buitelanders die plekke besoek, word pryse aangepas en word daar vergeet van toeriste wat moet sente omdraai."
"Pragtige omgewing kan na soveel plekke om Graskop gaan in een dag. Was baie koud en nat wat ons nie verwag het nie, maar dit was nogtans 'n onvergeetlike tyd hier."
"Vermy die deel rondom Spar op 'n Saterdagmiddag. Taxi's parkeer die strate toe en hordes mense sit en drink op die sypaadjie. Daardie deel van die dorp voel baie onveilig. "
"Dis 'n baie lekker plek nabygeleë aan watervalle en ander goed om te doen. Ook naby aan die Krugerwildtuin. "
"Dit is 'n pragtige, rustige omgewing en daar is baie plekke om daar te gaan ontdek."
"Dis 'n moet om Graskop en omliggende dorpies te besoek. Dis regtig 'n paradys."
"You cannot imagine what a beautiful town this is. The waterfalls and God's Window is an experience that cannot be described by anyone - go visit Graskop, it's memories for life!"