Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 3446 reviews.
"Op de website lijkt het veel minder mooi dan de werkelijkheid! Prima overnachtingsplek voor een of meerdere nachten!"
"Daar is nogal heelwat om te doen in die plek, sal volgende keer 'n dag of wat oorbly om die museums, onder andere een van Chris Barnard, die hartpionier se huis, te sien. Daar is ook 'n antiekwinkel en ander winkels wat dalk 'n besoek werd is en ek kan beslis die eetplek 4 Sheep aanbeveel waar jy regte Karooskaap kan eet en dan lekker kan gaan slaap!"
"Dis eintlik 'n plek wat die besoek werd is. Daar is onder andere 'n museum vir Chris Barnard, die hartpionier, wat daar gebore is en 'n paar snuffelplekkies waar mens kan geld uitgee! Die 4 sheep eetplek se kos is ook baie lekker en is 'n gawe alternatief as mens elders wil eet teen 'n baie billike prys. "
"I would like to commend LekkeSlaap for their service - I was most pleasantly impressed with the reminder SMS I received to confirm our booking which was then followed by a further SMS confirming the address and booking details.....I will most definitely make LekkeSlaap my first preference when searching for accommodation. It has been an absolute pleasure to work with you."
"Meer restaurante kan oop wees vir aandete (verskeidenheid). Daar was slegs 2 oop."
"Heerlike geëet by die 4 Sheep restaurant! Beaufort-Wes raak nou meer as net 'n oorstopplekkie - daar is ongelooflike mooi ou huise."
"Brosjure met naasliggende restaurante sal verwelkom word. Ons het gestap en verbygangers se opinie moes vra."
"Pragtige en netjiese dorp. Vriendelik en veilig. Voorsien in alle behoeftes vir reisigers, soos eetplekke, vulstasies, veige verblyf ens."
"Ons het dit moeilik gevind om 'n goeie eetplek in Beaufort-Wes te vind. Die beste uit die opsies wat ons sover probeer het was die Vleis Deli oorkant die Shell garage, waar mens jou eie vleis by die slaghuis kan kies en dan braai hulle dit vir jou."
"Baie lekker wyn by Soetkelkers, heerlike cappuccino by die hotel en 'n baie skoon dorpie. Ons derde besoek aan Prins Albert en sal dit weer doen."
"Op ons gasvrou se aanbeveling het ons by 4 Sheep gaan eet wat reg by die Caltex motorhawe is. Ons het die aandete so geniet dat ons eers weer die volgende oggend daar ontbyt gaan eet het. "