Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 3446 reviews.
"Lekker vir 'n langnaweek. Dorpie lieflik vir stap, voel veilig. Weet daar is nog baie onontginde skatte in die omgewing waarvoor ons nie tyd gehad het nie."
"Die gastehuis is in 'n baie stil woonbuurt en naby aan alle geriewe, eetplekke, ens."
"Die geraas van ongelooflik baie vragmotors 24 uur per dag is net een te veel."
"Prins Albert is 'n baie oulike, rustige Karoodorpie. Daar is baie lekker eetplekkies. Kan nie wag om weer te gaan nie!"
"Beaufort-West soos die res van die Kaapprovinsie word baie goed skoongehou. Ons haal ons hoed af vir die munisipaleit en hul werkers. Welgedaan!"
"Ons ken die dorp van vroeëre besoeke en het dus geweet wat om te verwag, maar dit bly skilderagtig en gesellig."
"Ons het die museums baie geniet en die dorpie is pragtig, al wat bietjie erg was is die verkeer reg deur die dorp."
"'n Redelik groot dorp met al die nodige geriewe selfs 'n Spur Restaurant.. Baie netjiese oornaggeriewe gesien so met die deurry."
"Maak seker jy bespreek by Karoo Kombuis vir aandete! Puik diens en smaaklike kos."
"Steenbokkie-karavaanpark en Karoo Nasionale Park beslis besienswaardighede. Ook diens en vriendelikheid baie goed."
"Ons het nie werklik tyd gehad om die dorp te verken nie maar dit lyk na 'n lekker dorpie - mense baie vriendelik - van die lekkerste biltong by die Karoo Deli gekoop."
"Fascinating architectural gems, great scenery and drives, fantastic art, food and wine. upmarket small town life. Worth going the extra mike for -and you will have to, it's a long way from anywhere!"
"I love Beaufort West as my husband grew up in the town. Still the only place I stay overnight on route to Cape Town from Gauteng."
"Sal graag weer wil terugkom en ten minste 2 nagte op Prins Albert oorslaap. Ek glo daar is heelwat meer te sien as wat ons kon sien in die kort tydjie (1 nag oorgeslaap) wat ons daar was. "
"Prins Albert is 'n wonderlike plekkie en ons het al meer as een maal daar oorgebly."