Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 3446 reviews.
"Ons is nie baie lief vir Beaufort-Wes nie, maar dit was perfek vir ons geleë vir die afstand wat ons wou aflê."
"Te veel rommel en vullis in strate. Te veel gate in paaie. Die dorp kom slordig voor en lyk nie of daar enige munisipale dienste is nie."
"Lief Prins Albert! Ons stap die dorpie plat en ontdek elke keer iets nuuts. Baie om te sien en te doen!"
"Absoluut 'n besoek werd. Lieflike omgewing. Besoek gerus O for Olive-olyfplaas en -restaurant."
"Die rustigheid laat mens net lekker ontspan. Weg van die gewoel in die stad."
"Unfortunately it was raining and very misty so we couldn't explore the area as much as we wanted. It is a beautiful historical town. Will definitely visit it again in the near future."
"Heelike wegbreekplek in die Karoo met genoeg vars lug en baie vriendelike mense. Hier kan 'n mens nog die stilte geniet en pragtige sterre sien."
"'n Besige dorp wat alles bied wat benodig kan word en is vir seker baie skoner as baie ander Karoo-dorpe."
"I love the Karoo and this is a typical Karoo town, we enjoyed the Karoo National Park on our return from Bloemfontein, another awesome destination not to be missed."
"Dit is 'n juweel op die lang pad Kaap toe, het my verlustig in die boustyle en die skoonheid en netheid van die hele dorpie."
"Ons het maar net daar oornag en ken die dorp nie juis nie. Ek kan maar net noem dat die mense baie vriendelik en behulpsaam is. Ons het probleme met ons kar se band gehad en na Dunlop Tyres in die hoofstraat gegaan en hulle het ons gehelp en wou geen geld aanvaar nie. Ons was baie beïndruk."
"Prins Albert is 'n pragtige 'n dorp om te besoek en die natuurskoon rondom maak dit nog meer spesiaal."