Verified Reviews
Hazyview
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hazyview
Rated 4.4 out of 5 based on 532 reviews.
"Die teerpaaie van die omgewing (pad tussen Sabie en Hazyview en pad tussen Hazyview en Graskop) is in 'n slegte kondisie. Motoriste moet plek-plek selfs in die teenoorgestelde verkeer se baan ry om groot slaggate mis te ry. Besoekers aan hierdie omgewing moet bedag wees daarop."
"Love to visit more often, beautiful and so much to do. Pioneer restaurant, excellent dinner with 13 people, not one was disappointed. Love Hayzyview."
"Shopping malls, hospitals, tourist attraction centres etc are very close and that makes it easy to visit many places at once."
"Dis baie mooi daar. Dis in die middel van al die pragtige watervalle in die hele Mpumalanga, so baie bestemmings om te gaan besoek dat daar net nie genoeg tyd is om by alles uit te kom nie."
"Kruger Park Lodge is gerieflik naby Phabeni Hek van die Kruger Wildtuin asook ander besienswaardighede in die omgewing."
"Pragtige gholfbaan by Kruger Park Lodge en heelwat goeie restaurant en spa's om van te kies. Groot nuwe winkelsentrum waar jy als kan kry wat jy nodig het vir 'n vakansiewegbreek!"
"Goed versorgde oorde, gholfbane ingesluit. Diere en voëls iets om te waardeer."
"Die dorp Hazyview is, maar soos enige ander pattelandse plek. Die Hazyview omgewing is baie besonders en divers."
"Skilderagtige klein dorpie. Die nuwe inkopiesentrum is 'n hanetree van Kruger Park Lodge en is beslis 'n aanwins vir die omgewing. Vele besienswaardighede in die direkte omgewing maak die dorpie uniek."
"Lekker, soos altyd, van die Lodge tot in die Wildtuin en Protea Hotel. Uitstaande."
"Baie lekker dorpie. Ons besoek dit gereeld, want ons het tyddeel by Pine Lake Resort."
"Goeie winkelsentrums, lekker koffiewinkels, naby Graskop en ander plekke wat ons kon sien. Sal graag hier wil aftrek."
"Perry’s Bridge is 'n toeriste hawe, met al die aantrekkings naby vanaf dié middelpunt. Met die uitbreiding van winkelsentrums is dit 'n one-stop vir Kruger kuiers en avontuurlustiges! Ons kinders het die Reptiel Park as hoogtepunt uitgesonder, met hulpvaardige en kennisryke personeel. Dit was heerlik!"