Verified Reviews
Hazyview
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hazyview
Rated 4.4 out of 5 based on 532 reviews.
"Dalk swemplekke duidelik aandui aangesien ons niks swemplekke kon kry nie."
"Almal wat ons daar ontmoet het was baie vriendelik en behulpsaam gewees."
"Gaan probeer gerus die Aerial Cable Trail by Skyway Trails ... baie lekker gewees."
"It's beautiful, lots of activities around and the mountain view is stunning."
"Hazyview is opwindend. Daar is soveel om te doen. Ons was al menigte male in Hazyview en sal weer gaan. "
"Baie oulike winkels en restaurante. Goed geleë in terme van die wildtuin en panorama roete."
"Goeie terugvoer van gesin en kollegas wat onlangs besoek het. Plek het verskriklik uitgebrei."
"Dit is 'n oulike dorpie met baie om te doen in die omgewing. Dit is ook baie naby aan twee van die Krugerwildtuin se ingange. Die brandstofstasies is net nie heeltemal op standaard nie. Diens was nie te goed nie en die motor se bande se lugdruk kon nie nagesien word nie want die meter/pomp was buite werking. "
"Dit was ons eerste besoek aan Hazyview. Ek beveel aan dat al die kleiner winkeltjies - weg van die groot winkelsentrum - besoek moet word. Dit is juis daar waar die wonderlikste en unieke artikels gekoop kan word ─ nastergaal-, maroela- en moerbeikonfyt, om net 'n paar op te noem. Hazyview is ook sentraal van al die ander besienswaardighede en dorpe. "
"Hazyview is in 'n baie mooi streek van ons land. Die omgewing het lekker weer die hele jaar deur. Die Krugerwildtuin is nabygelee. Die riviere maak dit ook rustig om net te rus. Hierdie redes is vir ons 'n aantrekkingskrag."
"Daar is baie eetplekke (en 'n verskeidenheid) in Hazyview en is baie sentraal geleë - naby Sabie, Graskop, Pelgrimsrus en Nelspruit. "