Successfully reported

Verified Reviews

Hibberdene

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hibberdene

Rated 3.8 out of 5 based on 67 reviews.

Hibberdene

Anchors Aweigh 62

"Parkering is 'n probleem in die dorp, maar alles is sentraal."

Hibberdene

Cowrie Cove 3

"Niks om te doen nie, glad nie vir mense wat tieners het nie, miskien vir ouer mense wat rustigheid soek."

Hibberdene

Cowrie Cove 3

"Ons sal aanbeveel dat gaste hulle kruideniersware bring. Die winkel daar was ongelooflik besig."

Hibberdene

Beach Cove

"Die strand waar ons was is absoluut van die beste. Jy kan wel nie daar swem nie maar die strande en seewater is helder skoon. Dit is 'n pluspunt vir Hibberdene, maar geriewe soos plekke waar jy kan eet en kos bestel skiet ver te kort. Maar dit is nogsteeds 'n aangename plekkie om vakansie te hou."

Hibberdene

Beach Cove

"Hibberdene is a great place if you looking to just relax, a small community, lovely beaches. I think they can do with some more variety of shops, activities and eateries to attract more holiday goers but otherwise, there are more attractions just a small drive away to the surrounding towns."

Hibberdene

Cowrie Cove 3

"Ons was teleurgestel met die dorp in die algemeen, die infrastruktuur en netheid van hoofstrand laat veel te wense oor. Rommel word duidelik nie opgetel of verwyder nie. Ons het meer as een asblik omgekeer gevind. Daar is verskeie rondloperkatte te sien. Ons het ook 'n paar keer onveilig gevoel en liewer die strand verlaat. Dit wil voorkom of die munisipale strand as oornagplek deur rondlopers gebruik word, en ons is aangeraai om nie na donker op die strand te gaan nie. Die verval is ook dan seker maar tekenend van toestande elders in land, maar mens sou verwag dat die owerhede in die gebied 'n bietjie ekstra sal doen om die kwynende toerisme te red."

Hibberdene

Miami Vakansie Woonstel

"Mooi plekkie, maar het baie agteruit gegaan."

Hibberdene

Anchors Aweigh 62

"Baie inwoners, dronk op strand, gooi papiere. Dorp self moeite probeer om skoon en netjies te maak. Strandbadkamer was altyd mooi skoon."

Hibberdene

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670

"Sal verkies meer winkels en geskenkewinkels."

Hibberdene

Beach Cove

"Hibberdene is a small town, but if you are going for the sea, fresh air, warm weather, dolphin and whale views and access to some private, quiet beaches, it is perfect. Local shops are fine for a quick visit, but rather drive a bit further towards Port Shepstone for greater variety. We took our 4 dogs and had a magical beach holiday with them."

Hibberdene

Beach Cove

"Wil graag daar 'n huis koop as ek aftree. Is gebore in Vryheid en ken KZN."

Hibberdene

Henry's House on Sea

"I love Hibberdene."

Hibberdene

Beach Cove

"Weens Covid-regulasies kon ons nie na die swemstrand faan nie. Hibberdene het alles wat nodig is, maar gerieflike aankope van goeie gehalte is beter by Port Shepston."

Hibberdene

Leisuredene Village No.58

"Ons het elke dag Shelly beach toe gegaan, want daar is meer te doen vir my twee tiener seuns."

Hibberdene

Miami Vakansie Woonstel

"Baie lekker vakansiedorpie."

Hibberdene

Beach Cove

"Hibberdene is nie werklik meer die veiligste vakansiedorp nie, maar ons geniet dit vreeslik daar. Dit is nie so oorweldigend vol soos Margate nie. Ons gaan gereeld na Hibberdene."

Hibberdene

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670

"Dit is 'n baie rustige plek, met vriendelike mense. Die vis by Fifi's Fresh Fish is uit die boonste rakke."

Hibberdene

Miami Vakansie Woonstel

"Goed vir mense wat niks wil doen nie en net rus."

Hibberdene

Hibberdene River Resort Unit 98

"Sal nie aanbeveel oor nuwe jaar nie, was verskriklik besig en uiters gepak."

Hibberdene

Hibberdene River Resort Unit 98

"Hibberdene is een van die lekkerste swemstrande - enige mens wat nog nie daar was nie, mis uit op iets groot en kies dan sommer Hibberene River Resort. Excellent diens en jy verdien 'n blaaskans in stilte en `n veilige resort!"

Hibberdene

Miami Vakansie Woonstel

"Daar is alles wat jy benodig sommer in loopafstand, en die mense is ook vriendelik."

Hibberdene

Hibberdene River Resort Unit 98

"A great beach, although the shops were very hectic. "

Hibberdene

Miami Vakansie Woonstel

"Lekker stil net soos ons dit like."

Hibberdene

Leisuredene Cottage 68

"Nie regtig baie om te doen by Hibberdene nie. Moes die heeltyd uitry na ander plekke toe. "

Hibberdene

Khaya La Manzi Guest Lodge

"Die strand se strome is bietjie sterk, maar die poele voor het dit lekker gemaak vir die klein kinders om in die water te speel."

Hibberdene

Leisuredene Cottage 68

"Strand en aktiwitete is naby winkels en alles wat nodig is. Geen rondryery is nodig om inkopies te doen of om die apteek te kry nie."

Hibberdene

Leisuredene Village No.58

"Ek gaan al van kindsbeen af Hibberdene toe. Ek is bly om te sien Fifi se vars viswinkel is opgeknap en die Jolly Roger by die strand verkoop lekker kos. Daar is genoeg kettingwinkels. Veiligheid is maar 'n kwessie soos in die res van die land en ernstige misdaad is, volgens oorlewering, 'n probleem. As jy in 'n veilige kompleks kan bly kan jy Hibberdene oorweeg. Dit is redelik goed geleë en is basies aan die begin van die kuspad op die suidkus. "

Hibberdene

Hibberdene River Resort Unit 98

"Klein dorpie, daar is groter Suidkus dorpies naby genoeg as groter inkopiesentrums en 'n gewoel van mense gesoek word."

Hibberdene

Leisuredene Village No.58

"Baie lekker ontspanningsarea!"

Hibberdene

Sea LaVie

"Te kort aan restaurante en aandenkings winkels en benodig 'n ordentlik slaghuis. Als is effe beperk."

Page
Page 2 - Showing 31 to 60