Verified Reviews
Hibiscus Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hibiscus Coast
Rated 4.3 out of 5 based on 3961 reviews.
"Die plek is mooi en skoon, eerste keer wat ons daar was en sal beslis weer soontoe. "
"Buite seisoen is dit rerig stil,en alles wat jy nodig het is baie naby die woonstel. Bekostigbare eetplekke net om die draai, en hang af hoe avontuurlustig jy is, is daar genoeg plekke en besienswaardighede as jy bereid is om 'n bietjie uit te ry."
"Dit is seker die gemaklikste plek nog met al die plekkies wat letterlik binne 'n radius van 30 km om jou is."
"Manaba, asook groot dele van die Suidkus, is tans deurspek met misdaad. Ek kom van Gauteng en voel onveilig in die Suidkus."
"I really love that place and look forward to going back. Its so peaceful and tranquil."
"Uvongo is goed geleë om gou by alle winkelsentrums of vir dagtrips na omliggende plekke te reis."
"Ramsgate is naby alle geriewe. In 'n omtrek van 10 kilometer kry jy alles wat jy wil hê."
"Lekker plek vir vakansie. Alles wat 'n mens kan nodig kry is bymekaar in groot besigheidssentrums."
"Gaan geniet die skoon strand, baljaar in die branders, 'paddle' e' kano in die strandmeer."
"Fantastiese weer, fantastiese mense en heerlike klein strandjies en lekker restaurant. `n Wonderlike plek om te ontspan en om vakansie te hou."
"Ons gaan elke jaar Hibberdene toe en ek moet sê dat die dorp agteruit gaan. Die Spar/ Pick n Pay was nou nie my keuse nie. Ons het elke dag Port Sheptone toe gery om by hul Pick n Pay te koop. "
"Nie vreeslike lekker swemstrand nie, maar die kinders het heerlik in die poele baljaar."
"Maklik bereikbaar, skoon by strandbadkamers. Ons het die paddle- en kano-ritte geniet. Shelly Beach se diepsee-bootritte en diepsee-hengel was groot aantrekkingskrag. Sal enige tyd weer Uvongo toe gaan."
"Many beaches to visit with beautiful tropical weather. Plenty restaurants and shops for those rainy days."