Verified Reviews
Hibiscus Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hibiscus Coast
Rated 4.3 out of 5 based on 3961 reviews.
"Vermy die Hoof Strand gebied die 1ste Januarie en as die tydperk op 'n naweek val soos in ons geval vermy dit die hele naweek. Daar is geen parkering of winkels oop naby die strand op die 1ste Januarie nie. As julle enige iets wil he die Kwikspar naby Malibu Kompleks is regtig 'n oulike winkel met take-aways en lekker gebakte soetgoed."
"Margate was nog altyd 'n lekker plek om vakansie te hou, net jammer van die busse vol vreemdelinge wat gedurig daar afgelaai word om die strande te beset."
"Uvongo is 'n lekker plek om vakansie te hou. Daar is baie plekke om te besoek, en baie aktiwiteite om jouself mee besig te hou. "
"Die strand was skoon en ons het personeel gesien wat rondloop op die strand met swart sakke op soek na moontlike rommel. Die ablusiegeriewe op die strand was baie skoon en netjies. Die braai en piekniek area was baie netjies en skoon. Ek hou daarvan dat geen klappers toegelaat is by Palm Beach nie en die natuurskoon is pragtig. Ons kinders het heerlik geswem en die veilige strand swembad en baie skulpe op getel. Ons het vir ure al die verskillende seeplantjies en diertjies bewonder in die rotspoele."
"Nie baie restaurante in die omgewing nie, tog is dit baie sentraal geleë aan die Suidkus."
"Ek is nie 'n Natal " fan " nie maar wil sê Uvongo was baie lekker selfs die strand op Kersdag was puik."
"Ons het baie geloop en winkels gekyk, nie gekoop nie, dus kan ek nie juis kommentaar gee oor Margate nie. Al wat vir ons sleg was is die baie "tattoo" plekkies en die mense wat hulle so laat teken en inkleur al of hulle nie inkleurboeke gehad het toe hulle klein was nie. Dit is ons kommentaar nie die algemene publiek s'n nie."
"Baie netjiese, vriendelike plekkie met verbasend meeste Afrikaanse toeriste! Ons het Ramsgate baie geniet. "
"Nie so besig soos Margate hoofstrand nie, graswalle sal ook baie gewild wees soos by Shelley Beach."
"Ek dink dit is rustig maar sal sê dit voel meer soos 'n klein plattelandse dorpie as 'n vakansie area veral die opset van die strand moes maar elke keer ry om by 'n bank of Spar te kom sal aanbeveel dat hul maar moet oorweeg om so iets aan te skaf nader vir goedkoper items."
"Uvongo sal beslis nommer een op ons lys bly. Die is baie veilig en rustig."
"Pragtige kusdorpie. Baie goeie restaurante. Baie opsies vir gesinsvermaaklikheid."
"Het die area meer geniet as Margate. Was stiller en meer rustig as bv. Margate se strande."
"Baie lekker blyplek net jammer munisipaliteit het riool in see laat loop so kon nie swem. As mens see toe ry vanaf Limpopo wil jy graag daarin mag swem sonder om diaree ens op te tel. "
"Die Umtentweni strand is baie goed, die see is heelik om in te swem, die branders gooi jou nie om en rol jou vol sand nie. Die golwe is golwe, nie branders nie. Die parkeerplek is netjies en die strandkafee het alles vir die strand. Die restaurant op die hoek het heerlike kos en geselskap. Umtentweni is baie goed geleë naby groter sentra en rustige natuur."