Verified Reviews
Hibiscus Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hibiscus Coast
Rated 4.3 out of 5 based on 3961 reviews.
"Dis nie regtig n swem strand nie, maar ons het in die winter gegaan so die kleintjies het nie van die swembad by kompleks gebruik gemaak nie en die rotse was bietjie gevaarlik."
"I used to visit Margate on a regular in the earlier years (16 years running) and I will now rather move to the North Coast for a holiday. Shops and Margate as a whole have deteriorated dramatically. "
Ramsgate Beach, Hibiscus Coast
Ramsgate Palms 2"Ons familie hou al vir 7 jaar vakansie in die Ramsgate omgewing en Ramsgate se Blue Lagoon Beach is elke keer ons strand van keuse. Dis skoon, gerieflik en ontspannend, sekuriteit is tops asook polisie wat gereeld patrolleer, lieflike uitstallings, karwagte, wegneem etes - die Cheese Burger is "to die for" met die restaurant en cocktail deck wat die lekkerste kos en cocktails bedien met goeie gasvryheid en 'n warm vriendelike vibe! Lieflike skoon strand met wandel paadjies na woonstelle, braai areas asook die immer gewilde Waffle House! "
"Was bietjie teleurgesteld in die lewensredders wat niemand dieper as enkeldiepte in die see wou toelaat nie, moes heeldag na hul fluitjies luister."
"Bekommerd oor die agteruitgang van winkels en infrastruktuur. Is hierdie voorheen pragtige, vibrant vakansiedorp besig om 'n stadige dood te sterf? Gelukkig is Shelley ens. naby genoeg."
Ramsgate Beach, Hibiscus Coast
12 Impahla Court"Dit is soos die platteland by die see. Mal daaroor."
"Groepe mense wat sit en drink en dans en in die lagoon urineer. As mamma wat met haar kinderd op die strand gaan stap, voel jy onveilig om verby hulle te stap terug huis toe."
"Margate Beach is skoon en netjies. Daar is alles wat jy nodig het om jou vakansie te geniet en uitgerus terug te keer huistoe."
"Alles wat ons nodig gehad het was daar. Sal baie beslis weer bespreek in daardie omgewing."
"Manaba strand word netjies onderhou. Mr Naidoo is vroeg oggend daar met die lewensredders en maak die gebied skoon en hark. Lilliecrona-boulevard is 'n awesome straat ook. Lekker vir stap, draf of fietsry."
"Dit is so rustig en netjies en nie 'n toeloop van mense nie, jy vat jou handdoek, stoel en mandjie en stap strand toe, geen gesoek vir parkerplek, gaan definitief weer en weer gaan."
Ramsgate Beach, Hibiscus Coast
Lekkerbly Woonstel"Die strand by Ramsgate self is ongelooflik mooi en skoon. My kinders het so lekker geswem in die see swembad. Die stand self is net so lekker en al die eet plekkies om in net so lekker saam die stalletjies. Baie mooi plek om vakansie te gaan hou. Sal enige tyd weer gaan."
"Melville is 'n goed geleë gebied en ons het heerlik daar vakansie gehou. Dit is gerieflik naby aan noodsaaklike winkels. Die Pit Stop restaurant is 'n moet op elkeen se doen-lysie wanneer jy daar vakansie hou."
"Hulle breek maklik in jou voertuig in, so moenie enige waardevolle artikels in jou voertuig laat nie."