Verified Reviews
Hopetown
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hopetown
Rated 3.3 out of 5 based on 189 reviews.
"Ek het nie veel van die dorp gesien nie, maar die gedeelte waar ons gery het se pad was gesaai met slaggate."
"Hopetown is perfek geleë tussen Johannesburg en Oudtshoorn om die lang tog in 2 te breek. Ons sal vir seker weer daar oorstop."
"Hopetown is werklik 'n oase na 'n lang pad deur 'n droë Karoo, met al die groen op die Oranjerivier."
"Die dorp het goeie potensiaal, maar daar blyk nie 'n saamstaanaksie te wees om die dorp op die kaart te plaas nie - dorp is in meer as 1 opsig erg verwaarloos wat mens onseker laat oor jou neus by die deur uit te steek. Daar is ook nie aksies deur gastehuise om jou met 'spesiale vervoer' bakkies of bussies na besienswaardighede te vat nie - wat natuurlik op 'n warmsdag 'n swemplek kan insluit. Die wildsplase doen dit met groot sukses."
"Hopetown is klein, maar raak jy aan die gesels met die plaaslike inwoners, dan raak die plekkie interessant."
"Kleindorpie gevoel en weg van die stad se gejaagdheid. Vriendelike en rustige mense."
"Tipiese, hedendaagse plattelanse dorpie met vuil strate vol slaggate en bedelaars voor winkels. Geen behoorlike restaurante nie. "
"Dit is 'n klein dorpie met slegs een restaurant, maar die mense is baie vriendelik en ons het baie lekker by die Tafel 42 Restaurant geëet."
"Hopetown is very small, but a perfect halfway house between Jhb and Cape Town."