Verified Reviews
Howick
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Howick
Rated 4.2 out of 5 based on 237 reviews.
"Interessante dorp met toegewyde self-doen inwoners by wie die reisiger interessante ware kan aankoop en ook van wie 'n mens baie kan leer. Uitstekende aftree- / versorgingsoorde. "
"Ons het ons 5de Zipline gaan ry op 66 - wat 'n belewenis! Die mense in die dorp is vriendelik en gemaklik met toeriste. Heerlik deur die strate en winkeltjies geloop en net lekker gekuier. Die 2 watervalle was 'n belewenis. Groot dankie aan Howick."
"Die Howick-waterval is aanskoulik. Dis jammer oor die plaaslike mense wat aan die bopunt van die valle klere was en ophang. Howick self is 'n plattelandse dorp en daar is amper alles wat 'n mens nodig het. "
"Nottingham Road was teleurstellend. Diens is pateties. Il Postino Restaurant was fantasties!"
"Ons het vir die afgelope 20 jaar al 'n paar keer die Natalse Middellande besoek. Lyk vir ons asof die nuwe tendens is om van die uitstalwinkels in 'n groep te plaas (soos by Wiggly Pig) wat vir ons 'n mooi ontwikkeling was. Goed om te sien dat die konsep groei en dat daar heelwat ontwikkeling plaasvind. Dit bly 'n spesiale streek om te besoek. Die verskeidenheid in die area is baie aantreklik."
"Plenty to see (and shop for) particularly regarding arts and crafts in Lythwood (a.k.a. Lidgetton Valley, note NOT Lidgetton village - which has basic shops) just across the road from Pennylane Guest House. Don't miss the "Tsonga Shoes" factory shop outlet - excellent quality footwear of all kinds, exceptional value for money."
"Lidgetton self (dorpie) is glad nie die plek om heen te gaan nie, maar die omgewing rondom dit is pragtig en bied die regte plaaslewe waar mens kan ontspan en rondloop en die buitelewe geniet."
"Lidgetton has a lot of accommodation for travelers to choose from. It is a nice place to stay in."
"Pragtige omgewing, ideaal as basis vir verkenning van die Midlands Meander-roetes met vriendelike mense."
"Dis meer as net die vallei, ongelooflike natuurskoon, kuns en eetplekke. Besoek gerus die kleiner winkels vir ongelooflike ervarings."
"Blesberg Farm is on the edge of the Midlands Meander route. In a week, we were only able to explore a small section of the Meander - there is so much to do and see! Definitely an area worth exploring. "