Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 2314 reviews.
"Die valle was asemrowend in vergelyking met dit wat ons op vorige besoeke gesien het."
"Lekker naby die Augrabiesvalle en ons het 'n bietjie wyn gaan proe. Mooi groot dorp."
"Baie oulike plattelandse dorp maar daar is ook maar soveel slaggate in die dorp se paaie soos op ander plattelandse dorpe."
"Bespreek by die Augrabiesrestaurant en jy kan die valle in die aand besigtig tot voor die hekke om 21h00 sluit. Wat 'n belewenis."
"Meer moeite moet gedoen word met die bemarking van die omgewing. Inligtingblaaie en kaarte wat die besienswaardighede aandui sou handig gewees het."
"Nice buildings and vineyards. The main street is just too busy and the shops closed too early. Nice town to stay as it's so quiet. We loved it."
"Van hier kan die volgende plekke besoek word nl. Augrabies waterval, Riemvasmaak met sy warm poele en Oranjerivier wynkelders. Dit is ook 'n goeie oornagplek na die Kgalagadi."
"Augrabies is 'n moet op elkeen se bucket list. Ons het 'n pragtige land!"
"If you like quiet, laid-back living then you will enjoy Keimoes. Plenty to see and do around the area. Lots of good accommodation."
"Die Augrabies-watervalle is 'n wonderwerk! Die landbou in die omgewing is indrukwekkend! Die paaie tussen die dorpe word in stand gehou!"
"We had some issues with our car, got everything fixed in Upington in a short time. Definitely worth a longer stay."
"As jy nog nie in die Kalahari was nie, dan sal jy nie verstaan waaroor rus regtig gaan nie en ook die mooiste plek somer en winter."
"Augrabies is 'n uitstekende toeristebestemming, veral as jy lief is vir die natuur, stilte en rustigheid. Dit is 'n moet besoek vir elke natuurliefhebber, o ja, en natuurlik vir die wyn ook. Indien jy 'n bietjie na die ou kant toe staan, en nie meer al jou jeugdige krag het nie, en een van julle van 'n rolstoel afhanklik is, dink dalk twee keer voordat jy soontoe gaan. Die meeste van die plekke wat besoek kan word, is uitklim-en-stap plekke. Augrabiesvalle self het 'n rolstoelvriendelike paadjie, maar ek sou nie my liefste wyfie in haar rolstoel, weer kon terugkry tot bo nie."
"Very interesting place, hadn't ever heard of it. Largest river town in SA if I understand correctly, it's an island on the Orange River."
"Ten spyte van die erge hitte, sal ek dit beslis aanbeveel. Was 'n baie aangename ondervinding."
"Kathu is 'n besige dorp. Die pad tussen Kathu en Kuruman is baie besig. Kathu Lodge is in 'n lekker, stil deel van Kathu met geen lawaai."
"Van die netjiestes wat besoek is of deurgery het tydens reis. Bediening by beide eetplekke baie vriendelik en vinnig."
"Pragtige klein dorpie, lekker restaurant en net oorkant die grondpad lekker duine gaan ry met die mooiste uitsig op die sonsondergang."