Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 2314 reviews.
"Die dorp is vuil, en mens voel onveilig in die strate, selfs in jou motor. Sorg dat al jou vensters en deure gesluit is van jou motor as jy deur die dorp ry. Die Spur se kos en diens was baie goed, ek sal dit aanbeveel. Die parkering is van die straat af met 'n wag."
"Die enigste groot aktiwiteit wat nog die toerismebedryf aan die gang probeer hou, is Sakkie se Arkie. Hy doen baie moeite asook met die oorsese toeriste wat met die trein daar aankom. Dan is daar net die "Donkie Museum" asook die wynproe by Oranje Rivier kelders. Bezelel Brandewyn Kelder op pad Keimoes toe was besonders. Dit is 'n groot jammerte dat Die Eiland so uiters verval het."
"A suprisingly lovely town on the banks of the Orange River with lots to see in the area."
"Ons tydjie daar was te kort en te besig om werklik die dorp en omgewing te geniet. Ons het wel die plattelandse gasvryheid ervaar."
"Het nie geweet daar is nog so 'n plek in Suid-Afrika nie, die mense is besonderse mense met eerlikheid en integriteit wat jy nêrens anders kry nie. Kinders speel nog soos kinders moet. Ek wens ek kon op Askham bly."
"Kan my net indink hoe indrukwekkend dit moes gewees het tydens die vloede. Ongelukkig is opruiming nog aan die gang en kon ons nie oral stap nie. Pragtige omgewing."
"Die dorp het die afgelope paar jaar 'n paar nuwe winkels asook 'n apteek bygekry, wat 'n pluspunt is. Ek glo die dorp het baie potensiaal om toeruste te lok as dit korrek bemark word."
"Augrabies was pumping! One of the highlights of our tour of the Northern and Western Cape provinces. The restaurant there is also a good place to eat."
"A disappointing town. Moffat's Mission Station is closed with nobody to assist should you want to know the history or look around."