Verified Reviews
Karas
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karas
Rated 4.1 out of 5 based on 221 reviews.
"Ons was aangenaam verras. Daar is nie veel om te doen nie. Dis maar 'n klein dorpie, maar die mense se vriendelikheid is wonderlik. Probeer gerus die restaurant langs Usave."
"Kolmanskop is 'n moet en lekker oesters by die Diaz coffee shop. Baie winderig gewees in November."
"Ons het herinneringe uit ons kinderdae beleef en ons harte het daar agter gebly. Die mense is almal vriendelik en praat Afrikaans. Ons het nie geweet wat om te verwag tydens ons besoek aan die Departement Binnelandsesake in Keetmanshoop nie, maar was heerlik verras met die effektiewe en vriendelike diens deur Mnr. Steenkamp en sy span. "
"Ongelukkig is daar nie veel vir die toeris om te doen nie, maar is goed vir oornagverblyf."
"Luderitz is very interesting both scenically and especially historically, eg Kolman`s Kop, Shark Island, etc. The dirt road network to Diaz Point and the the various bays was good. Generally speaking, a very good and interesting experience."
"Ons was gelukkig t.o.v. die weer wat meegebring het dat Luderitz sommer diep in ons harte gekruip het. Beslis een van Namibië se wonderlikste juwele."
"Luderitz baie geniet. Gedeeltes gesien soos bv. Diaz punt wat ons nog nie voorheen gesien het nie. Verkies egter Walvisbaai en Swakopmund."
"Pragtige, skoon dorp met pragtige ou argitektoniese geboue en vriendelike mense. "
"Aandete by 'n tweede plek op die dorp het internasionale gaste gehad, wat dui dat Westdene bekend is. Op navraag na die motor se veilighed buite die restaurant was ons bewus gemaak van die sekuriteit."
"Ryk geskiedenis en besienswaardighede. Die toeriste potensiaal is egter onderontwikkeld. Die museum kort 'n nuwe gesig. Meer borde met die verduidelikking van die geskiedenis, sowel as beter toiletgeriewe word vereis. "
"Dit was my eerste maal in Luderitz en omgewing. 'n Plekkie met 'n bekoring. Ek is jammer ons het nie bietjie langer gebly nie."
"Baie besienswaardighede. Die wind kan in die oggend bietjie sterk wees, maar bedaar in die middae."
"Lovely place with friendly people, but really odd eating establishments that close too early and sometimes just won't serve you if they're too busy."
"'n Moderne, koloniale Duitse dorpie in 'n maanlandskap is die beste manier om die plek te beskryf, maar daar is so baie om te doen en te sien. 'n Móét vir elke besoeker na Namibië!"
"Luderitz is nie 'n bestemming vir toeriste wat getroetel wil word nie. Maar vir diegene met 'n avontuurlus is dit voowaar 'n plek om te ontdek. Op ongewone plekke en ver paaie is dit voorwaar 'n fotograaf se speelplek. "