Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Ons het net daar oornag aangesien dit 'n goeie afstand van Yzerfontein was, sal nie sommer daarheen gaan vir vakansie nie."
"Ons was Des 2021 by Gariep en die dam was 112% vol. Dit was 'n magiese ondervinding."
"Murraysburg is not a town to come to if you want to have a vacation. A good one night stopover for weary travellers. "
"Met die damwal daar naby, is dit 'n heerlike plek om uit te gaan. Veral nou dat dit ook sterk oorloop. "
"Oulike klein dorpie, maar baie vervalle. Die strate is vol gate. Nie vreeslike groot keuse van restuarante nie. Alhoewel die omgewing wel pragtig is."
"Baie bly om te sien die ou huise word opgepas en van hulle gerestoureer. Mooi, skoon Karoodorpie."
"Baie interessante winkeltjies en heerlike, rustige, skoon dorpie. Kunsgallery was baie indrukwekkend."
"As 'n klein plekkie jou hart warm maak, is Vosburg beslis 'n plekkie om nie mis te ry nie!"
"Prince Albert is epic, not sure how else to describe it. Beautiful, clean, friendly people and gorgeous gardens despite the severe drought. If you're road tripping through the Karoo you HAVE to visit here."
"Uitstekende oorslaapplek op pad Kaap toe. Die dam wat oorloop was 'n besondere ervaring!"
"Restaurant options perhaps a bit limited, but a charming place to stay for a night."
"Ons het die Beaufort-Wes museum (Chris Barnard museum) besoek wat baie goed saamgestel is. Ondersteun dit gerus! Ook is daar 'n mooi uitsig oor die dam en die dorp wat baie mense sou mis - ry die grondpaadjie net langs die AGS gemeente."
"Mooi dorpie. Slegs 'n mini-market winkel met beperkte, maar genoegsame kruideniersware voorraad beskikbaar. Plaaslike mense is baie vriendelik. Slegs een teerpad tot by die dorp, die pad vanaf Leeu Gamka. Ander paaie is als grondpad met geen selfoonsein."
"Dit sou gaaf gewees het om te weet meeste restaurante is toe en dat die een of twee wat oop was vooraf bespreking benodig. Alles werk met kontant en daar is geen ATM op die dorp nie. Ons kon dus nie veel geniet van alles wat dorpie offer nie wat groot jammerte is. Dit sou ook nice wees as daar 'n lys van alles was wat mens kon doen. Pragtige dorpie en baie vriendelike mense, sal beslis weer daar stop!"
"Great place to overnight. Colesberg offers great dinners especially at Innie Kraal."