Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Small town with 83 people living in town and over 2000 in the village nearby."
"Ek sien definitief oplewing en vooruitgang in Colesberg. Miskien stadig maar ek sien daar is restaurante en kuier plekkies wat aanloklik lyk en baie besig was."
"Dalk net vir die gaste opsies gee oor die tipe soort tjops wat jy kry as jy dit bestel by Karoo."
"Matjiesrevier sal ek aanbeveel vir 'n dagreis maar nie vakansie-bestemming nie. Paaie deur die berge is baie mooi en die omgewing is pragtig."
"Die area word gebruik net as oornagplek op pad êrens heen en ek dink dit verdien 'n paar dae se rustig word en die rustigheid inneem."
"Ek is altyd verbaas oor hoe baie te sien en te doen is in die klein Karoo dorpies. Gaan gerus as jy hou van interessante plekke, vriendelike mense, ver uitsigte en lekker kos."
"Ons was in 'n fratsongeluk betrokke, die mense van Beaufort Wes was so vriendelik en behulpsaam. Dame met die naan Heidi het my vrou en ons bagasie gastehuis toe geneem. Jong man Alexander het gestop en my gehelp om my motor rybaar te kry tot by gastehuis. Die volgende oggend het hy my na Johan Pienaar Motors toe geneem. Hulle het professionele diens verskaf en was vriendelik en behulpsaam het motor vinnig vir my uitgesorteer. Beaufort-Wes is pragtig geleë en mense is vriendelike omgee mense."
"Hanover itself is a work in progress. But it definitely has huge potential."