Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Richmond is an interesting and quaint town to visit, especially from a historical perspective. Unfortunately, it is very close to the N1 with continuous long haul truck traffic even through the night."
"We love the Karoo. De Rust is a beautiful place in so many way's. There are so many activities in and around town. Wonderful!"
"Die dorpie is pragtig skoon met voldoende winkels. Die ou huisies is pragtig in stand gehou en ons het dit geniet om daarna te kyk. Die Swartbergpas en Meiringspoort is byderhand om die natuur te geniet! Ons is voëlkykers en was nie teleurgesteld met die verskeidenheid nie. Ons het Prins Albert tevore besoek en sal dit weer doen!"
"Vallei van Verlatenheid is 'n moet. Die dorp het oor die algemeen maar agteruitgegaan."
"Moeilik om regverdige kommentaar te lewer. Ons was veels te kort daar. Moes ten minste nog 'n nag of twee oorgebly het. Die tyd was nie reg vir 'n besigtigingstoer nie en die teater was ook nie oop nie. Die persoon wat spookstories vertel was met vakansie. Sal graag weer wil gaan en hoop om meer te kan doen."
"Had a wonderful meal at Oppidek - also superb service, food was tasty and well prepared, staff friendly, also recommended."
"Ons het nog nooit gedink aan die Karoo as 'n toeristebestemming nie. Vir oorslaap, maar nie vir 'n paar dae se kuier nie."
"Doen jou huiswerk voor die tyd om jou besoek die moeite werd te maak. Daar is baie meer as net die Uilhuis om te besoek. Gesels met die locals om nog meer inligting in te win. Tydens ons besoek aan verskeie plekke was ons vriendelik ontvang en het tuis gevoel. Ons sal weer kom kuier."
"Die stormloop van bedelaars wat teen jou voertuig-ruite slaan en op jou gil maak werklik groot afbreek aan die dorp."
"As mens self besluit om 'n dorp in die Groot Karoo te besoek, aanvaar jy dit wat na jou kant toe kom - anders hou jy liewers verby. Mens moet Fraserburg toe ry vir 'n rede, nie net daardeur nie. Volgende keer die korbeelhuisies gaan besoek."
"Hierdie dorpie lê weggesteek agter die rantjie langs die besige N1, maar die oomblik wat jy afdraai in die strate kom die kalmte van die Karoo oor jou lê. Regtig ’n goeie ervaring om daar tyd te kon spandeer."
"Ons is mal oor die Karoo en spesifiek oor Victoria-wes. Ons wou weens Covid nie by familie bly dat huis te vol is nie. Beste besluit ooit om by Merino Junction te bly."
"Die dorp gaan baie agteruit. Teerstrate is swak en kort dringend aandag, vuil areas oral. Die dorp het dringend opknapping nodig ander sal toeriste begin wegbly."