Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Waarsku asb. reisigers dat maaltye slegs by Hotel op Sondagaand beskikbaar is. Al die Restaurante is na 14:00 toe."
"Hopetown die dorpie is 'n bietjie verlate met 'n probleem van restaurante wat nie oor naweke baie laat oopbly nie."
"Te veel trokke wat deur die dorp ry, maar hoe verander mens dit sonder goeie spoordienste."
"Baie vriendelike mense. Die plaaslike mense lag maklik vir die simpel Gautenger se grappies. Die diens is baie goed in die gastehuis, restaurante en kuierplekkies. Die dorp is oor die algemeen baie skoon en verseker die moeite werd om te besoek."
"'n Wegbreek buite 'n klein dorpie omring met die mooiste natuur skoon, hoe sê hulle in engels: "Less is More"."
"Vars lug en stilte is rus vir die siel. Wat is lekkerder as om op 'n klip te sit en Bybel lees en bid."
"Ons was beïndruk met die dorp se netheid en rustigheid wat ons ervaar het. Doen so voort. "
"It basically has nothing. It's good for a stop over destination, but watch out for the gravel roads, make sure you either have a 4x4 or make sure you plan your tar road route."
"Dis ‘n baie afgeleë ou plekkie. Amper 32 km grondpad moet ry voor ons by die dorpie kon uitkom. Grondpad was ordentlik. Ek verbeel my daar is 'n ander pad, maar is nie sekere oor hom nie. Mense kry maar finansieel swaar en daar is maar ‘n paar kinders wat bedel. Mense is oor die algemeen vriendelik. Party plekke aanvaar kaartbetalings en ander nie, so vat maar ‘n geldjie saam. Ryk in geskiedenis en kuns. Gekookte aandete was heerlik sowel as die ontbyt."
"Pragtige Karoo-dorpie. Wou nog altyd daar gaan draai maak het. Vriendelike mense en dorpie skoon."