Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"We did not feel to pay R70 per person to see Owl House but thoroughly enjoyed the local Brewery with its great atmosphere and beer."
"The Karoo is the great outdoors at its best and all the people we have met there have been simply lovely!"
"Daar is nog so baie plekke om te besoek, wat ek beslis sal doen wanneer ek weer daar aandoen."
"Wat 'n verassing om na die kronkelpad deur die Berge of met die langpad uit die Kaap te ry en so 'n beeldskone dorpie te kon aantref. Was verbaas oor al die lieflike verskeidenheid eetplekkies en die vriendelike gemeenskap van die inwoners."
"Dis 'n ideale plek om te ontsnap van die stadsgewoel en net weer asem te skep en die ruimtes in te drink. Aangesien ons familiegeskiedenis hier ontstaan het, was dit 'n groot voorreg om weer hier te kon besoek aflê. Dis egter té ver vir net 'n naweek - ons sal moet langer tyd hier verwyl. Sal so graag wil help dat hierdie dorp bly voortbestaan."
"Ons ervaring van die Karoo is slegs as deurgang/oorslaap op pad Kaap toe. Ons eet gewoonlik iewers in die Karoo, hetsy wanneer ons oorslaap of net deurry. Die eetplekke is skoon netjies en smaaklike geregte is beskikbaar. Vriendelike personeel oor die algemeen."
"Ek sou graag as 'n toeris wil terugkeer en al die besienswaardighede en winkels kom besoek. Die dorp is baie mooi."
"De Rust is 'n lieflike pragtige Karoodorpie met 'n paar oulike snuffel-winkeltjies. Ray's is 'n prima koffiewinkel wat ook heerlike ontbyt en ligte etes bedien. Die Grumpy Goat is gesellige kroegie waar daar lekker saam met die vriendelike locals gekuier word, die eienaars bedien lekker pizza en hamburgers ook daar. Die omliggende Meiringspoort asemrowende mooi natuurskone berge, klowe en riviertjies."
"Die bestuurders kan die vriendelikheid en opgewondenheid van die werkers aanleer want hulle is nors."
"Stay at least 2 days, walk around, get to talk to locals and eat in the local restaurants."