Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Pragtige dorpie, volgende keer bly ek beslis langer om die dorp en omgewing behoorlik te kan verken."
"Besoek gerus die Camdeboo Nasionale Park en die Vallei van Verlatenheid, dit is pragtig!"
Somerset East (KwaNojoli), Karoo
Avondrust Guesthouse"Die restaurant agter Avondrust is puik, bespreek net vroegtydig."
"Baie lekker dorp met oulike mense. Baie lekker vir gesinne en baie veilig. Lazy Lizard is tops met kosse en sorg ook vir vegetariërs en gluten free resepte wat 'n mens nie baie of sal ons se glad nie op meeste plattelandse dorpies kry. Nice plek gaan definitief weer die dorp besoek."
"Colesberg is 'n mooi rustige dorpie om te besoek as u moeg is vir die besige stadslewe. U kan gerus hulle besoek. "
"Dit is 'n klein dorpie, maar so netjies. Ons het 'n heerlike ondervinding gehad om oor die pas te ry na Sutherland. Ons het dit gedoen met 'n Honda Civic en wat prentjie mooi omgewing. Pas is steil en die senuwees moet dit hou, Net nie vir reën seisoen nie. Ek sal definitief weer daar oorbly."
"Oulike dorpie vir oorslaap. Aangename mense. Ons kom beslis weer kuier by die pragtige dorpie! "
"Baie rustig en atmosfeer vir kalm wees en net rustig verkeer. Baie goed vir ontspan en die vars lug geniet."
"Die dorp se skoon strate was opvallend. Ons het deur die dorp gery. Net jammer dat papiere en rommel die rivier by die hout bruggie ontsier. Dalk is 'n gemeenskapspoging hiervoor nodig?"
"Pragtige klein dorpie met baie om te sien vir 'n naweek. Ongelukkig val die plaaslike inwoners mens heeltyd lastig vir geld, kos ens. Daar is oor 'n naweek vier keer by ons gebedel, waarvan drie keer by die kothuis was."
"Was 'n lieflike ervaring. Het daar verjaar en behalwe fossiele kyk, het ek omtrent alles gedoen wat my batterye laai. Lekker kos en spa by Drostdy, kunsmusiek, antieke winkels, kerkdiens in die kerk en volmaan by Die Vallei van Verlatenheid."
"Daar was nie veel tyd om besienswaardighede te besoek nie, maar die Karoo gasvryheid loop oor in Britstown. Almal met wie ons gepraat het en geselsies aangeknoop het, was vriendelik en behulpsaam. Mooi Karoo-dorpie!"
"Op 'n Sondag is daar geen plek beskikbaar wat oop is en 'n mens iets te ete kan koop nie. Andersins 'n tipiese rustige Karoodorpie."
"Just one of those lovely, quiet places in the Karoo. We always stay there when in that part of the world."
"Die Restaurant Die Plattelander, die diens en die Hoender Cordon Bleu is uitsonderlik."