Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Interessante oornagdorpie met baie vriendelike mense. Het heerlik geëet by Stoep Stories."
"Dis die perfekte plek vir oorslaap op pad Kaap toe. Gelukkig is daar nou 'n KFC vir al die Gautengers. Ek is mal oor die kerke in die dorp. Ons besoek hul elke keer as ons daar is. "
"Graaff-Reinet is inderdaad die Juweel van die Karoo. Besoek ten minste die Vallei van Verlatenheid, die Residensie en die ongelooflik interessante Reinethuis. Die pragtige NG Kerk kan mens natuurlik nie miskyk nie. Onthou om kontant te hê vir toelating tot van die besienswaardighede."
"Graaff-Reinet is 'n pragtige dorp en so ryk aan geskiedenis! Mag dit altyd bewaar bly."
"If you do stay over, it's worth having dinner at the Waschbank Resort - delicious and well priced traditional Karoo food."
"Wonderlike belewenis! Dorpie is skoon en netjies met spesiale en vriendelike mense! Bookcovers boekwinkel is ‘n juweel! Uilhuis ‘n emosionele belewenis, maar die mense wat heeltyd iets aan jou wil afsmeer is aaklig. Netjies opgerigte afdakstalletjies is ‘n moet aangesien daar tans nie strukture is nie. "
"Sal graag volgende keer meer tyd in Beaufort-Wes wil spandeer. Ek hou van dit wat ek gesien het. "
"The Owl House and the Kitching Fossil Exploration Centre was a great experience - Vellies in the wheelchair made the day."
"Dis so 'n rustige, veilige plek waar mens kan stap in die wye strate en jou verbeel jy is in 'n ander land! 'n Gerieflike afstand van die grens af en mens kan dan gemaklik ry na die volgende oornagplek in Namibië."
"Ons geniet altyd vir Prins Albert! Die Showroom is uitstekend, dit is ook een van die oorwegende redes om Prins Albert te besoek. Dit is ook deel van my geskiedenis. "
"Gelukwensing aan die bestuur van die dorp en sy mense vir die insette om hierdie plattelandse dorpie so versorg te hou. "
"What a lovely place to stay for a couple of days. Camdeboo Park was amazing. The beautiful mountains are great for sightseeing and hiking. Graaff-Reinet is a lovely place with nice restaurants and coffee shops."
"Ongelukkig, soos met baie ander dorpe, is die ingang na die dorp redelik bestrooi met plastieksakke en 'n woonbuurt wat regtig baie raserig is deur die nag. Mens hoor dit kilometers ver. Die res van Prins Albert is egter ongelooflik mooi, baie mooi argitektuur en vol karakter. Ons het die dorp en wat dit bied baie geniet."