Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Dis die perfekte oornagplek as jy vanaf die Vrystaat na die Oos-Kaap of Wes-Kaap reis. Die roete is pragtig en die paaie uitstekend."
"Daar was nie veel in Britstown nie, maar dit wat ons gesien het was aangenaam. Die mense daar is almal baie vriendelik. Ons het by Tanskaroo Country Lodge gaan eet die aand. Die heerlikste buffet was ons in 'n lang tyd gehad het - 'n moet stop as jy in Britstown is. Die diens daar was uit die boonste rakke."
"Aberdeen is 'n klein dorpie en almal daar is baie vriendelike en hulpvaardig. Sou graag bietjie langer wou bly."
"Baie lekker sentraal tussen Kaap en Pretoria. Lekker weg van N1, maar maklik bereikbaar. Rustige gevoel a.g.v. Gariepdam. Ek het die dorpie pragtig skoon en netjies ervaar. "
"Pragtige en rustige Karoo dorpie, ideaal vir mense wat wat van stilte en rustigheid hou."
"Joubertina self bied nie veel nie, maar baie rustig met vriendelike, warm plaas mense. Joub's Diner R62 is 'n moet om te besoek. Kos uitstekend, vriendelike diens en waarde vir geld. Baie skoon en netjies. Sal beslis weer besoek. "
"We used Colesberg as a stopover so did not have a chance to explore the town more."
"Lovely town. Lots to explore. We especially enjoyed our visits to Gays Guernsey Cheese factory, the Karoo Kombuis and O for Olive olive farm. Lots of friendly people all round. Also travelling via the Swart Berg pass to Oudshoorn is an experience that should be on everyone's bucket list."
"Nog altyd n plek waar ek op my gemak is en mense altyd daar om 'n ekstra myl te loop. Sal enige persoon aanraai om daar tuis te gaan."
"Altyd die moeite werd om oor te slaap in Graaff-Reinet. Vallei van verlatenheid is veral 'n besonderse plek om te besigtig. Geniet die eie-eiesoortige restaurante in die dorp."
"Definitief nie baie geskik vir oorslaap op 'n Sondagnag nie. Die dorp gaan letterlik dood en eetplekke is deur die bank toe. Die enigste eetplek wat ons kon vind was baie teleurstellend - al die wyn op die spyskaart was uitverkoop en so ook karoo tjops!"
"A unique town with hospitable people, a great architectural heritage and lots of interest. The Swartberg Pass is a must-travel: truly awe-inspiring!"