Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Pragtige dorp. Sal weer moet teruggaan, want daar is nog restaurante en winkeltjies om te besoek."
"Die dorpie bied nie veel vir 'n toeris nie. Maar dan natuurlik gaan dit nie oor die dorpie nie, dit gaan tog immers oor die majestueuse Gariepdam! 'n Toeris moet dus voorberei, want in Oviston of Venterstad is die voorraad in die enkele winkeltjies uiters beperk. Maar nou ja! As jy vir natuurskoon soek, is hierdie wêreld puik. "
"A friendly, arty town, great for a short stay. Visit wine and olive farms nearby. A highlight was the awesome mountain scenery going there via Meirings Poort from Uniondale and leaving via the Swartberg Pass."
"De Rust is 'n pragtige klein dorpie. Ons kan sien dat die dorp in die afgelope jaar opgradering ondergaan het!"
"Ek dink dis 'n baie mooi dorp met baie om te sien. Die ou geboue wat behoue gebly het. Dr Barnand se geskiedenis was van groot waarde. My tyd was net te min om regtig 'n toer deur te vat."
"Dit is 'n netjiese stil pad, maar indien iemand op pad is Paarl toe, moet hulle bewus wees daarvan dat Prince Albert ongeveer 40 km van die hoofroete af is."
"By die vulstasie waar 'n mens inkom is die wonderlikste geskenkwinkel en restaurant, For Sheep Karoo. Kos is heerlik en oulike goed te koop. Het spesiaal weer daar gestop en blykbaar gewild by toeriste ook. Baie aan te beveel!"
"Richmond is 'n bekoorlike Noord-Kaapse dorpie. Dit het maar verlangsaam so dorpies in dié geweste, maar daar is genoeg om te doen en sien vir 'n middagstop. "
"As jy hou van geskiedenis dan is Colesberg een van die plekke om te gaan rond dwaal in die verlede. "
"Ons is ongelukkig vroeg uit en laat in. Kon dus nie veel van die dorp geniet of besoek nie."
"Was al 'n hele paar keer daar en het keer elke iets nuuts gekry om ons oor te verwonder."
"Ek het nie veel van die dorp gesien nie, maar die gedeelte waar ons gery het se pad was gesaai met slaggate."
"Pragtig net jammer die dam is so leeg (bedoelende kon voller gewees het) en die plek gaan ook agteruit."
"Hoofstraat ongelukkig vuil en plek-plek verwaarloos. Chris Barnard museum kan besigtig word. Petroljoggies en personeel by Engen verdien om genoem te word. Baie vriendelik en behulpsaam."