Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Baie verblyf & eet plekke. Lekker middelpunt om oor te bly vanaf Transvaal tot Kaap. "
"Lieflike dorpie, waar jy kan voel die wêreldse invloed het nog min skommelings daar veroorsaak. Dit voel of tyd stil gestaan het en dit laat jou sommer veilig en gekoester voel, volgende keer gaan ek nog 'n dag langer bly net om dit weer te ervaar."
"Jare gedreig om dit te besoek en het dit uiteindelik gedoen. Jy sal nie spyt wees nie. 'n Bucket list-ervaring!"
"Pragtige dorpie wat die reisiger op pad Kaap toe gerus kan besoek. Net baie koud in die winter. Sal eerder dit net in die somer besoek."
"Die Oujaar trekker-en-sleepwa het so prettig gelyk. Lekker atmosfeer in die dorp. Gevoel van veiligheid."
"'n Ongelooflike mooi plek wat hopelik net so sal bly! Ons sal weer en weer daarheen gaan. Daar is nog so baie wat ons daar wil doen."
"Lekker plekkie, maar Beaufort-Wes is opsigself nie baie skoon nie, maar andersins was daar nie enige probleme nie."
"Nie veel te doen of sien in Hanover self nie, maar die omgewing is baie mooi. Baie gemaklike oornagbestemming tussen Die Weskus en Johannesburg."
"Pragtige Karoo-dorpie wat ons nou al spesiaal raak ry oppad af Kaap toe. Die rustigheid van die omgewing en dan nog die pragtige natuurskoon is ook so lekker. Definitief die moeite werd om te kom."
"Ons het het die middag 12:00 daar aangekom en die tyd gebruik om die Gariep Damwal te besoek wat ongeveer net 40 min se ry was. "
"Probeer gerus die 4 Sheep restaurant en deli. Bespreek ook eerder in 'n ander straat as die hoofstraat, soos bv. Voortrekkerweg indien jul nie hou van baie geraas nie. Voortrekkerweg het lieflike oornagplekkies."