Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Prince Albert was 'n verrassing. 'n Pragtige dorpie wat weggesteek is tussen die berge."
"Net bedoel vir oornag, maar probeer gerus die 4 Sheep Restaurant, dis die moeite werd!"
"Met verskeie geleenthede besoek en in die proses om 'n eiendom in De Rust aan te koop. "
"Ek sal altyd weer hier oornag op toekomstige reise. Meiringspoort is asemrowend - werlik iets om te sien. Daar is heelwat om te sien en te doen in De Rust - gaan loer in."
"As toeristebestemming is daar nie veel nie, maar as 'n tussenstop tussen Gauteng en die Weskus is dit ideaal. Die plek Karusaf op die dorp verkoop die lekkerste skaapvleis wat ek al ooit geëet het."
"Indien jy nog nie daar stilgehou het nie, is dit die moeite werd om 'n bietjie tyd daar te spandeer."
"Colesberg is good for night rest if you are travelling long distance. I don't think it's really a travel destination. "
"Ons het gewoonlik net in Graaff-Reinet gestop om brandstof in te gooi, maar om daar te oornag was heerlik. Die oulikste restaurante."
"Moenie net deurjaag op pad see toe nie. Vat 'n dag of twee ekstra en geniet die omgewing en die geskiedenis van die dorp."
"Rustige en skoon plattelandse dorp waar ons baie veilig gevoel het. 'n Lekker tuisnywerheid. Maaltye kan bestel word wat vir jou tuis afgelewer word. 'n Hele paar besienswaardighede om te besoek bv. Sir Lourens van der Post-gedenktuin, die pragtige histories kerkgebou, die ou tronk ens. Bestee minstens 'n dag daar."
"Geskiedkundige dorp wat goed omsien na sy ou geboue. Interessante museums, die moeite werd om te besoek."
"Baie mooi, netjiese dorpie. Die moeite werd om oor te slaap en hul restaurante op te soek en te besoek."
"Joubertina was an exciting and unique place to visit. However, we struggled to find food shops that were open."