Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Horse and Mill is a great pub with super food! Innikraal is a great restaurant with a more modern feel and outside area."
"Die vierde oudste dorp met baie geskiednis binne die grense en omliggende area. Dorp binne in 'n wildspark geleë met diere sigbaar vanaf paaie in en uit die dorp."
"Dit is n tipiese Karoodorpie met heelwat ou gerestoureerde huise direk op die straat wat vir ons baie mooi was. Ons het 'n draai deur die dorpie gery en dit lyk netjie. Daar is 'n paar eetplekke en ook is daar winkels vir kosaankope."
Somerset East (KwaNojoli), Karoo
Avondrust Guesthouse"Pragtige dorp, ryk aan geskiedenis en karakter met heelwat eg Victoriaanse huise en vriendelike inwoners. Aande is snerpend koud in die wInter. Neem 'n baadjie saam en geniet 'n heerlike glasie rooiwyn op die "deck" van Somerset on Main Pub n Grub!"
"Willowmore het geen invloed op die verblyf by Verberg Herberg nie. Dit is baie kilometers daarvandaan en ons het nie daar aangedoen nie."
"Philippolis is 'n pragtige dorpie en mens kan sien daar word daadwerklik moeite gedoen om die dorp netjies te hou. Ek was aangenaam verras! Dit bly 'n baie klein dorpie en dink nie daar is heelwat om te doen vir kids nie - maar vir oornag was dit perfek!"
"Ons het net een nag daar geslaap en het nie veel te doen gehad daar nie. Die baie sonpanele op verskeie plase was interessant om te aanskou. Die mense het ons baie gasvry en hulpvaardig ontvang."
"Die ideale bestemming vir mense wat hou van uitgestrekte vlaktes, sterrekyk in die nag, en net bietjie wil wegkom van die druk van te veel mense in die stad."
"Dit was ons eerste besoek aan daardie omgewing en dus was elke oomblik iets nuut en `n groot ervaring!"
"Pragtige dorp. Ons het al verskeie kere hier besoek afgelê omdat dit so 'n mooi en goedversorgde en netjiese dorp is. Ons vertrou dat die dorpsbestuur daarin sal slaag om die plek so mooi en netjies te hou. "
"Ek hou baie van Philippolis - dit is mooi, relatief netjiese dorpie met interessante argitektuur en ek sal dit enige tyd aanbeveel vir 'n detour of oornagstop."
"Was vir die naweek daar. Te veel om te sien en waar te neem. Sal weer daar 'nl besoek wil aflê en langer vertoef om alles waar te neem en te geniet."
"Loxton is 'n bitter klein dorpie, maar met soveel karakter. Jy voel asof jy op 'n ander planeet is in Loxton. Alles is so veilig en die plekkie het sy eie bekoring. Die mense is ook baie vriendelik."