Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Ons het slegs oorgeslaap op pad na ons vakansiebestemming by die see. Die dorpie is baie netjies en skoon en die geboue skep so 'n "kom kuier weer"-gevoel by 'n mens."
"Die Gariepdam is 'n pragtige plek! Ons positiiewe ervaring van die dam was egter baie erg ontwrig deur die frustrerende swak diens. "
"Wonderlike dorpie! Nog altyd net verby gejaag op pad see toe en gesê: "Eendag sal ons indraai..." Dit was uit-en-uit die moeite werd! Uilhuis is uiters interresant en fassinerend. Die fossieltoer was 'n "bucket-list"-ervaring! "
"Baie onderskat as toeristebestemming. Soveel om te sien en te beleef en die paaie is in 'n uitstekende toestand."
"Die hoofstraat is vieslik vui en vol leeglèers wat ons laat bang voel het toe ons terugstap van Drosdy Hotel. "
"Pragtige dorp met wonderlike gerestoureerde geboue en huise en pragtige winkeltjies."
"Richmond was 'n lekker verrassing. Sal verseker terugkeer vir een van hulle boekfeeste. Vertrou dat die inwoners van Richmond die dorpie aan die gang sal hou. Belangrik dat hulle nie die status van 'n boekedorp verloor nie. "
"Die dorp is duidelik nie 'n toeristebestemming nie. Sal nie langer as twee nagte oorbly nie. Die ligging van die gastehuis is ideaal, want dit is op die N1. "
"Pragtige dorp met 'n wonderlike Karoo-gevoel. Mis nogal die gees wat Kokkedoor aan die dorp gegee het. Jammer dat dié reeks nie voortgesit kon word nie – dit het die dorp 'n smulpaap-gevoel gegee wat 'n mens nie nou meer voel nie. "
"As plattelandse mense wat hou van klein dorpies, was Philippolis vir ons wonderlik. Dit hang af waarna plaaslike en oorsese toeriste soek. Ek dink nie dis noodwendig 'n plek om vir die langtermyn oor te bly nie, maar vir 'n aand of twee is dit perfek. "
"Interessante klein plattelandse dorpie, maar as jy vir 'n oomblik net stilstaan en verder kyk vind jy dié dorp se prag en praal tussen die boeregemeenskap se gasvryheid."
"Nie 'n toeristebestemming nie, behalwe vir die Karoo Nasionale Park waarvoor ons nie tyd gehad het nie."
"Tipiese Karoodorpie waar daar nie veel gebeur nie. Dit is Ideaal vir 'n rustige wegbreek en die verbreking van jou dieet met die puik gebak en konfyte in die interessante winkeltjies. Pragtige omgewing met Meiringspoort as die hoogtepunt."
"Dit is die moeite werd om vooraf heelwat inligting in te win oor die mense en geskiedenis van die dorp. Dit is verrassend om te merk hoeveel vooraanstaande politici, akademici en nyweraars uit die klein dorpie gespruit het! "
"The Shed Farmstall en Lucern Lodge is sowat 26 km buite Beaufort-Wes, maar die dorpie self is 'n belewenis."
"It looked quite pretty, but we didn't spend much time there as we were travelling to Cape Town. I'm sure it deserves a better look!"