Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Sal graag weer die dorpie wil besoek! Dit was 'n ervaring gewees om in die klein kroegie te sit en rugby te kyk en 'n vuurtjie te stook saam die locals van die dorp! Hartsmense gewees!"
"Die paar winkels het verminder en sommige se goed te koop het afgeneem. Enigste moeite werd plek is Village Trading Post. Goedkoop en lekker geëet by Herrie se Plek. Baie lastig geval deur parkeraanwysers en bedelaars. Ons plattelandse gemeenskappe het drastiese ingryping nodig om opheffingswerk te doen. Kry mense regtig jammer!"
"Bly 'n dag langer as wat jy beplan, op Prins Albert is meer om te doen as wat jy dink. "
"Altyd vir my 'n lekker stop plek net buit Meiringspoort. Naby genoeg aan Oudtshoorn sonder om te voel asof mens in die stad is."
"Almal is so gasvry en baie besondere ontdekkings kan op die dorp gemaak word: kuns, kos, wyn, mark en vele meer. Waar sal jy nog 'n dorp met sy eie app (toepassing) kry."
"Slaap gewoonlik net oor in Victoria-Wes. Weet nie rerig wat mens kan sê vir dit as 'n 'toersitebestemming' nie. Die skaap daar is wel altyd uit die boonste rakke! Liplek-lekker!"
"Hoofstraat is baie besig en lawaaierig. Daarom by Aandblom gebly. Sal graag die Karoo park wil besoek."
"The owl house is all they focus on, which is the most depressing place in the Karoo, they really need to try focus on other elements. HIKING, WALKING, THE KOMPASS BERG/ FOOD and WINE."
"Hierdie omgewing is waarlik mooi Vrystaat/Karoovlaktes met 'n mooi van sy eie! Die damwal en parkeergebied is baie netjies en die plaaslike mense en personeel is behulpsaam en vriendelik."
"Behalwe vir die Spur is daar geen ander eetplekke nie. Deur die dag voel jy nie veilig in die strate nie want daar is BAIE mense wat net rondloop. Maak jou baie baie ongemaklik."
"Colesberg het seker maar sy mooi in die niksheid om hom. Dis altyd vir my so asof die stilte mens begeester en die kilheid van die winteraande maar net nie onder mens se vel kan uitbly nie."
"Did not see too much of the town. Passed through on the way to Cape Town."
"A.g.v. Bakgat sal ons nou altyd hier kom oorslaap. Hier is 'n paar goeie kos-opsies."
"The restuarants are wonderful. Peaceful atmosphere. The dairy is well worth a visit and their cheeses good. 'John Donkey's' trip to Die Hel was well worth it although I suggest that travelers with him take their own picnic for lunch. "