Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"'n Redelik groot dorp met al die nodige geriewe selfs 'n Spur Restaurant.. Baie netjiese oornaggeriewe gesien so met die deurry."
"Die begraafplaas in Jacobsdal is besonders - veral die bome en struike."
"Maak seker jy bespreek by Karoo Kombuis vir aandete! Puik diens en smaaklike kos."
"'n Besoek aan die Camdaboo Park met die Vallei van Verlatenheid is 'n geleentheid wat nie gemis moet word nie!"
"'n Unieke dorp waar jy waarlik kan rus. Kom hierheen as jy saam met vriende gehaltetyd wil deurbring en die stilte van die Karoo wil inneem en jou siel weer brandstof wil gee! Stap tydens skemer deur die strate en bewonder die eenvoud en mooi Karoo dorp. Hier is nie restaurante wat in die aand oop is nie, so gesels om 'n vuurtjie terwyl jy 'n vleisie braai en die sterre bewonder. Dit is baie veilig en rustig. Al hoe meer jongmense en toeriste beweeg hierheen om gehaltetyd te spandeer! Ek het my hart verloor op Loxton."
"Steenbokkie-karavaanpark en Karoo Nasionale Park beslis besienswaardighede. Ook diens en vriendelikheid baie goed."
"Ons het nie werklik tyd gehad om die dorp te verken nie maar dit lyk na 'n lekker dorpie - mense baie vriendelik - van die lekkerste biltong by die Karoo Deli gekoop."
"Wat 'n pragtige juweel in ons land. Die mense is besonder vriendelik en veral die buitelandse toeriste vind die dorp baie aanloklik. Die Nasionale Park tot die museums is alles in 'n baie goeie toestand. Die restaurante en winkeltjies is werklik uniek. Absoluut die moeite werd om Graaff-Reinet te besoek. "
"Rustige en unieke dorp en altyd lekker om tyd daar te spandeer."
"Boven op het terras van Hotel "de Stijl " heb je een prachtig uitzicht over de omgeving."
"Daar is baie om te doen en een van die "moet doen" goed is beslis 'n besoek aan die Sneeuberg brouery vir 'n "honey Ale " en een van hulle "cheese platters"."
"Dit was vir ons opvallend hoe skoon die dorp is. Vallei van Verlatenheid is 'n moet. Ons het ook die Camdeboo Nasionale Park baie geniet. Ons kon ook binne die NG Kerk ingaan om fotos te neem. Die omgewing se natuurskoon is wonderlik om te aanskou."