Verified Reviews
Kenton-on-Sea
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Kenton-on-Sea
Rated 4.7 out of 5 based on 108 reviews.
"Pragtige omgewing. Alles wat jy nodig het is beskikbaar. Jy ontspan werklik daar, want dit is baie rustig en mens vertrap mekaar nie."
"Lekker rustige dorpie met heelwat weggesteekte besienswaardighede soos Dias Kruis en lekker eetplekkies soos Pizzarella en heerlike wegneem vis by Kenton Fisheries."
"It gets extremely busy over the December period, however, it has a beautiful beach and river."
"Fantastiese kusdorp vol vakansiebedrywighede vir oud en jonk, baie lekker atmosfeer en vriendelike inwoners."
"Pragtige klein kusdorpie met mooi strande, en basiese kruideniersware kan plaaslik aangekoop word. Hier is ook lekker koffiedrink-plekke en snuffelwinkeltjies."
"Dit is 'n baie oulike plekkie vir toeriste, maar daar is te min plekke om te gaan uiteet."
"Soveel variasie in so 'n klein plekkie! Verskeidenheid strande - sand, rotse en rivier. Stapmoontlikhede oorvloedig. Die stap na die Diaz-kruis is 'n belewenis. Die winkels is goed en die bakkery 'n groot verrassing - die lekkerste brood. 'n Wenner-bestemming."
"Pragtige, netjiese skoon dorp. Vriendelike inwoners. Pragtige skoon Blouvlagstrand en twee lagoons. Baie swem en loop of net sit en natuurskoon inneem en waardeer. Ons gunsteling, die Bakkery se lekkerste brode en ander eetgoed."
"Dis regtig anders as ander plekke. Dis rustig en so pragtig. Daar is nie 'n toeloop van mense nie, want daar is plek vir almal, dis beslis die beste vakansiebestemming wat ons nog ooit beleef het."