Verified Reviews
Khomas
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Khomas
Rated 4.3 out of 5 based on 40 reviews.
"So much to do in and around this city. Definitely worth a visit. So different from the rural areas."
"Hierdie stad bied jou 'n klomp restaurante om by te gaan eet. 'n Besoek aan die Superspar in die Maerua Mall is 'n absolute moet. Hul Duitse deli met goed soos kouevleis, wors en vele ander Duitse produkte is eenvoudig net lekker. Eet sommer ontbyt of middagete daar in hul restaurant ook."
"Baie van die besienswaardighede was op 'n toer uitgesit, maar was gesluit vir besoek op 'n Saterdag. Dit was nogals teleurstellend."
"Windhoek is 'n pragtige toerismebestemming met alle geriewe en alles wat jy nodig het. Windhoek is 'n veilige stad en kan jy orals beweeg."
"Windhoek per se het slegs 'n paar plekke om te besoek. Indien jy regtig in Windhoek wil vakansie hou, spandeer jy tyd in die direkte omgewing by reservate en natuurbesienswaardighede. Behalwe vir goeie restaurante en 'n paar standbeelde is Windhoek nie regtig 'n toerismebestemming nie."
"Windhoek is 'n pragtige stad, bergagtig, omring en deurkruis met heuwels. Daar is heelwat museums en karaktervolle geboue. Ook inkopiesentrums. Maar om net deur en om die stad te ry is 'n belewenis! Die Daan Viljoen park gee pragtige uitsigte oor die stad, en die bosveld-omgewing is regtig pragtig."
"We love Namibia and Windhoek has so much to offer. Especially Joe's Bierhaus is worth a visit."
"Windhoek is 'n pragtige, skoon, en veilige stad, tussen die koppe en randjies van die omgewing geleë. Daar is heelwat restaurante en besienswaardighede om te besoek en te beleef."
"Windhoek is 'n lieflike plek, maar baie bedrywig. Ek verkies Swakopmund as toerismebestemming."
"For us as a travel destination, we prefer the nature side of Namibia, but for a quick stop, we found Windhoek easy to locate for things that needed to be done."
"Windhoek was baie lank my stad en daarom sal my kommentaar bevooroordeeld wees. Welliswaar positief."
"Straatsmous weet meer as werknemers van die Nasionale Museum van wat aangaan in Windhoek."
"Windhoek self is 'n stad, en soos enige ander stad. Maar die kerk en museums is die moeite werk om te gaan verken en meer van Namibië en Windhoek se geskiedenis te leer ken. Windhoek se natuur om die stad self is natuurlik ook baie mooi."