Verified Reviews
Khomas
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Khomas
Rated 4.3 out of 5 based on 96 reviews.
"Vir seker! Maar mens kan nie te lank daar bly nie! Nie te veel om te doen of te sien nie. "
"Windhoek se mense was vriendelik en hulpvaardig. Wees egter bedag - nie alle winkels aanvaar kredietkaarte nie. Hosea Kutako Lughawe was een van die laagtepunte op ons reis gewees - beknopte aankomssaal, swak geriewe, afwesigheid van basiese winkels (na 'n lang wag by immigrasie en vir bagasie, is mens goed dors)."
"Baie om te sien in die stad. Stad se mense baie gedissiplineerd by bv. robot kruisings en stad is baie netjies met geen papier wat rondgegooi word nie."
"Windhoek is vir my een van die mooiste stede wat ek al besoek het, met baie om te doen en wonderlike plekke om te besoek."
"Kyk, dit bly 'n stad en is besig, maar dit is skoon en alles in bekombaar naby aan die verblyf."
"Ek dink dat Windhoek nie genoeg vermaak en ontspanningsplekke het vir kinders en tieners nie"
"Ek voel baie veiliger in Windhoek as om in enige stad in Suid Afrika te bly, mense van Namibia is baie vriendelik. Windhoek in geheel is baie skoner as enige stad in Suid Afrika."
"Die mense op die lughawe met ons aankoms was baie onvriendelik en onbehulpsaam. Sal voorstel om hulle op te lei om die land se inkomstestrome beter te ontvang. Was dieselfde met die vertrek uit Namibië. Andersins hou ek van die land."
"An interesting city to visit with top class restaurants like Joe's with excellent cuisine. A must if you visit Windhoek."
"Eros is 'n woongebied en bied nie veel vir toeriste nie alhoewel die kamp baie goed geleë is."
"Ongelukkig het ons net een nag oorgebly. Heerlik geëet by Joe's Beer House. Opvallend was hoe skoon Namibië oor die algemeen is."