Verified Reviews
Kingsburgh
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Kingsburgh
Rated 4.3 out of 5 based on 348 reviews.
"Niks fout met Kingsburgh nie, maar die area is baie sentraal geleë, dus kan jy van Durban tot die Suidkus rond beweeg"
"Ons was twee jaar gelede ook in Doonside. Die strande was ongelooflik vuil. Ons het hierdie jaar gegaan met die hoop dat dit skoon sou wees net voor die Desember vakansie. Daar was nog steeds gebreekte bottels, plastieksakke, deodorantbottels en nog baie meer gemors op die strand. Ek verstaan dat daar onlangs geweldige oorstromings was, maar dit was nie die geval twee jaar gelede nie. Dis asof niemand meer omgee vir die omgewing nie. Ons was ook na ander strande in die omgewing (nie Amanzimtoti) nie, wat effens skoner was. Ons moes elke dag ry na 'n strand toe waar ons kon swem."
"Doon Heights is perfek met alles wat jy nodig het om jou beskikbaar en die strand is skoon en baie lekker area vir 'n geskikte vakansie met jou gesin."
"Close enough to all beaches/other attractions in the Amanzimtoti area."
"Die Checkers-winkelsentrum is naby en baie goed toegerus vir alles wat ons wou aankoop. Daar is ook 'n Woolworths Food, drankwinkel, poskantoor en wegneemetes daar. By die hoofstrand, is daar ook die Splash waterglybane wat 'n treffer is vir die jongmense met lekker eetplekke ook daar. "
"Dis 'n heerlike plek om te wees. Oor die algemeen is dit 'n stil plekkie as jy dink hoe woelig en oorbevolk Amanzimtoti is wat 5 minute se ry van jou af is, vat ek enige tyd Doon Heights as vakansiebestemming."
"A lovely area with all amenities close by. A lovely clean beach and the tidal pool is perfect for small children. A wonderful holiday destination. "